MIV/vigs steeds ’n bedreiging
Henriette Lamprecht - MIV/vigs bly ten spyte van beleggings die afgelope meer as twee dekades deur die Namibiese regering en ontwikkelingsvennote ’n bedreiging van ongekende afmetings vir die openbare gesondheidsektor.
Volgens die nasionale 2014 MIV-sensus het die algehele MIV-voorkoms in die land van 18,2% tot 16,9% gedaal. Volgens dieselfde opname is die voorkoms van MIV die hoogste onder vroue in die ouderdomsgroep 40 tot 44 jaar en wel 30,6%, asook onder vroue in die ouderdomsgroep 35 tot 39 jaar en wel 30,3%.
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, het tydens die amptelike bekendstelling van ’n beplande nasionale vigskonferensie in Augustus Namibië as ’n eiesoortige geval danksy die grootte van sy bevolking en die grootte van die land beskryf. Volgens Kavetuna is die konferensie ’n belangrike mylpaal om strategieë en ingrypings te ondersoek om MIV teen 2030 finaal in Namibië hok te slaan. Sy het verwys na die tema van die konferensie, “Draai die gety teen vigs”, en gesê dit is ’n hernude oproep aan alle rolspelers om beleggings in die stryd teen MIV/vigs te verhoog en volhoubare ingrypings te doen wat die kollektiewe poging om die pandemie uit te wis, sal verstewig.
“Die beëindiging van MIV is binne ons bereik, sou ons in die ware gees van Harambee saamwerk.”
Kavetuna het egter gemaan multi-dimensionele benaderings is nodig om konkrete, bewysgebaseerde ingrypings te verseker wat die samelewing “uit die kake kan haal van iets wat ons hulpbronne uitwis”.
Die hoofdoel van die konferensie is om ’n inklusiewe, nasionale strategiese platform te skep wat daarop gemik is om onder meer om struikelblokke in die pad van die beëindiging van die pandemie teen 2030 te takel en uit te wis.
“Ons het meer rolspelers in die gesondheidsektor nodig om te help om ons pogings te versnel om MIV/vigs te beëindig. Die burgerlike samelewing moet ondersteun word om voort te gaan om ondersteunende dienste aan gemeenskappe te lewer om gesondheidsuitkomste te verbeter en die aanvraag na gesondheidsdienste te verhoog.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie