Minister su00ea oor Noord-Korea
Minister su00ea oor Noord-Korea

Minister sê oor Noord-Korea

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibië het nooit militêre betrekkinge met Noord-Korea gehad nie. Die enigste projekte waarby die Noord-Koreaanse KOMID en MOP-maatskappye in Namibia betrokke was, was ekonomies van aard en tenders vir die bou van sekere projekte is aan die maatskappye toegeken. Só sê die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah.
Sy sê al die projekte, van die Heldeakker, Staatshuis, die verdedigingshoofkantoor en die ammunisiefabriek is deur die Namibiese regering gefinansier. Met die beeïndiging van die Noord-Koreaanse samewerking sal ander vennote gevind moet word om die werk te voltooi.
Sy kon nie ’n sperdatum gee vir wanneer die Noord-Koreane wat hulle nog in Namibië bevind, land- uit moet wees nie, maar het die versekering gegee dat Namibië van voorneme is om al die resolusies van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) na te kom. "Ons sal ook deurlopend en gereeld aan die VN se komitee gemoeid met die toepassing van die resolusies, terugvoering en vorderingsverslae gee," het Nandi-Ndaitwah gesê.
Gevra oor die moontlikheid dat die betrokke maatskappye eise om vergoeding teen die Namibiese regering kan instel vir kontrakbreuk, het sy gesê net die tyd sal leer en dat Namibië moet wag en sien.
Wat die ammunisiefabriek betref, sê sy dit is ’n nasionale bate en dit is noodsaaklik dat Namibië mededingend is. "Ons voer nou ammunisie in van buite. Hoekom kan ons dit nie self vervaardig en selfs uitvoer nie. Dit is wat bekend staan as weermagnywerhede en het niks met Noord-Korea te make nie," het sy gesê.
Oor die moontlikheid van ’n besoek aan die "nasionale bate" het Nandi-Ndaitwah gesê al bestaan die reg tot vryheid om inligting te bekom, mag dit nie inbreuk maak op nasionale belang en veiligheid nie. Gevolglik is dit die regering se verantwoordelikheid om die sekuriteit van hierdie aanlegte te beskerm.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!