Meatco verloor  miljoene per dag
Meatco verloor miljoene per dag

Meatco verloor miljoene per dag

‘DVS se optrede onregmatig’
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die direktoraat veeartsenydiens­te (DVS) se onverbiddelike houding oor die sluiting van die Okapuka-voerkraal kos Meatco en sy beesvleisprodusente N$3,5 miljoen per week en bring ooreenkomste vir uitvoere na die Europese Unie en Noorweë in gedrang.
Verder het dié direktoraat strydig met wetgewing opgetree toe die besluit geneem is.
Só het adv. Vekuii Rukoro, hoof uitvoerende beampte van Meatco, gister tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê toe hy ’n droefgeestige prentjie geskets het van die finansiële implikasies van dié sluiting.
Die DVS het die voerkraal op 2 September gesluit nadat die verbode groeimiddel Zeranol in die urienmonster van ’n bees gevind is wat op 4 April vanjaar getoets is.
Meatco is in kennis gestel dat aangesien dit die tweede keer in 12 maande is dat Zeranol in dié voerkraal voorgekom het, veeartsenydienste dit as ’n “herhalende oortreding” beskou en dienoorkomstige streng maatreëls­ instel.
Dit behels onder meer dat nie een van die beeste die voerkraal mag verlaat nie, toetse vir Zeranol elke vier maande gedoen sal word en die voerkraal eers weer in bedryf gestel sal word as twee toetse agtereenvolgens negatief is. Dié tydperk kan agt maande of langer wees.
Volgens Rukoro het die DVS “die strengste moontlike stappe gedoen en onder die omstandighede on­redelik opgetree”.
“Die DVS het Meatco ook nie die geleentheid gegee om sy saak te stel voordat hy ’n besluit geneem het nie; ’n reg wat hom ingevolge artikel 18 van die Grondwet toekom en deur ver­skeie hofbeslissing oor die jare ondersteun is,” sê hy.
Verder voer hy aan die stappe en maatreëls deur die DVS is buite die magte wat deur die Wet op die Voorkoming van Ongewenste Middels in Vleis en die Dieregesondheidswet aan hom toegeken is.
Die toediening van Zeranol deur middel van ’n inplanting is verbode in Namibië, soos ook in die Europese Unie (EU) waarheen Meatco vleis uitvoer.
Zeranol is kom egter natuurlik in beeste voor en word ook tydens die gistingsproses van die swamGibberella zeae in veevoer vrygestel.
Volgens Rukoro het Meatco hom nie skuldig gemaak aan die inplanting van die middel nie en kan hy nie “eensydiglik veroordeel” word nie.
Volgens Meatco beteken die sluiting dat die voerkraal ’n verlies van N$143,12 miljoen in die gesig staar. Dié verlies sal tot ’n daling van sowat N$7,15 per kilogram in die prys van beesvleis lei, wat die bedryf kan vernietig.
Die vleisreus sê sy enigste hoop is dat die beplande vergadering vandag tussen sy raad en topbestuur en die veeartsenybeamptes van direktoraat, tot ’n verslapping van die drakoniese optrede sal lei. “Ons glo die kwessie kan steeds opgelos word deur eenvoudige interaksie tussen die DVS en die EU se direktoraat vir gesondheid en voedselveiligheid. Dit sal tot die heropening van die voerkraal lei en meebring dat Meatco van enige blaam onthef word,” sê Rukoro.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!