Man skuldig aan moord op vriendin
Jacqueline Louw
Alhoewel die 32-jarige Kaxui Katjivi erken het dat hy die 25-jarige Dina Anton met wie hy ’n verhouding gehad het, met ’n mes doodgesteek het, het hy aangevoer dat hy deur Anton en haar suster beledig en uitgelok is. Regter Christie Liebenberg se bevinding was dat die getuienis toon dat Anton van voorneme was om die verhouding te beëindig en na haar familietuiste terug te keer en dat dit die rede vir die noodlottige aanval op haar was.
Katjivi het vir Anton op 31 Julie 2014 verskeie kere met ’n mes gesteek en ook twee ander mense wat haar te hulp gesnel het, aangeval en gedreig.
In ’n verklaring wat deur die Katjivi se prokureur, mnr. Afrika Jantjies, in die hof gelees is, het Katjivi aangedui dat hy beheer verloor het nadat Anton en haar suster hom herhaaldelik beledig het. Hy het getuig dat hy in ’n aanval van blinde woede vir Anton met ’n mes gesteek het.
Regter Liebenberg het in sy uitspraak tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie weergawe deur Katjivi ongeloofwaardig is. Die regter het veral gesteun op die getuienis van Bertha Eises, die suster van die oorledene, dat Anton inderdaad op die punt was om haar goed te pak en Katjivi te verlaat. Toe hy besef het dat sy vriendin hom wou verlaat en uit hul woonstel trek, het hy haar met 'n mes verskeie kere in die bors gesteek. Eises het ook getuig dat Katjivi en die oorledene nie ’n goeie verhouding gehad het nie omdat hy haar van die begin van hul verhouding aangerand het. Dit het erger geword het toe die oorledene begin drink het. Eises het heftig ontken dat nóg sy nóg haar suster die beskuldigde aangeval of beledig het.
Hierdie verklaring is deur’n tweede ooggetuie, mnr Alfeus Haurumbu, bevestig. Haurumbu het vir ’n week by die beskuldigde en oorledene oorgeslaap. Op die dag van die moord het hy teen ongeveer 13:00 by die huis opgedaag en vir Katjivi, die oorledene en Eises buite die huis aangetref. Hy het die beskuldigde hoor sê dat die oorledene nie haar besittings moes neem alvorens die polisie nie opgedaag het nie. Die paartjie se dogter het egter die huis binnegegaan en met ’n sak uitgekom en dit het die beskuldigde só vertoorn dat hy haar aangeval het. Haurumbu het ook getuig hoe hy rakelings aan steekwonde ontkom het omdat hy weggespring het. Dit is deur die beskuldigde bevestig.
In sy oorsig van die getuienis het die regter bevind Katjivi se getuienis is nie slegs onwaarskynlik nie, maar ook bo redelike twyfel vals is en dus verwerp behoort te word.
Adjunk aanklaer-generaal Antonia Verhoef het die staat verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie