Ma vertel hoe sy seun in lykhuis gevind het
Ma vertel hoe sy seun in lykhuis gevind het

Ma vertel hoe sy seun in lykhuis gevind het

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die stiefmoeder van die 25-jarige Firmino Fabrice Mael wat bykans vier jaar gelede na bewering deur ’n polisieman doodgeskiet is, het gister in die hof getuig oor die aand wat sy desperaat na haar vermiste seun gesoek het.
Die verhoor van die 30-jarige polisieman, Justin Munsu Simataa, wat daarvan aangekla word dat hy die jong Fabrice Mael gedurende die vroeë oggendure op 26 Oktober 2012 in die omgewing van Khomasdal doodgeskiet het, is gister in die hoërhof voor regter Nate Ndauendapo voortgesit.
Simataa staan tereg op klagte van moord, poging tot moord, alternatiewelik die nalatige afvuur of hantering van ’n vuurwapen, kwaadwillige beskadiging van eiendom en die afvuur van ’n vuurwapen in ’n openbare plek of openbare pad.
’n Onderonsie het na bewering in ’n kroeg in die omgewing van Richardine Klopperstraat in Khomasdal tussen die beskuldigde en twee jeugdiges, Millikan Likando en die oorledene, Fabrice Mael, ontstaan. Die partye is na bewering uitmekaar en Likando en Mael het in die oorledene se voertuig geklim toe die beskuldigde met sy dienspistool op hulle losgetrek het. Mael het op die toneel aan sy beserings beswyk en die gewonde Likando wat deur drie skote getref is, is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem. Simataa, wat nie ten tyde van die voorval aan diens was nie, het van die toneel gevlug en is later in hegtenis geneem. Hy is op borgtog vrygelaat.
Volgens die beskuldigde se regsverteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomunji, pleit Simataa dat hy in noodweer opgetree het en dat die oorledene en sy vriend die polisieman erg aangeval het.
Dr. Simasiku Kabanje van die polisielykhuis het getuig oor die skietwonde aan die lyk van die oorledene en die oorsaak van sy dood. Volgens sy getuienis was daar agt skietwonde aan die oorledene se liggaam en kop en sy bevinding was dat Mael weens ’n ophoping van bloed in die borsholte gesterf het.
Me. Norah Helen Bennett (68), die oorledene se stiefmoeder by wie hy ten tyde van die beweerde moord gewoon het, was die tweede getuie tydens gister se verhoor. Bennett, ’n voormalige Untag-werknemer, het Mael se vader tydens haar diens in Namibië ontmoet en is later van hom geskei.
Die jong Mael het egter na die egskeiding by sy stiefmoeder gebly nadat sy vader weer getrou het.
Bennet het getuig dat sy nie deur die polisie op 26 Oktober 2012, die dag van die beweerde moord, van haar seun se dood ingelig is nie.
Vriende van haar seun het haar die aand van die 26ste Oktober ingelig dat Mael in ’n ongeluk was. Sy het haar na Windhoek se sentrale polisiekantoor gehaas waar sy geen inligting oor haar seun kon kry nie. Sy is toe na die Katatura-staatshospitaal waar sy deur hospitaalpersoneel bygestaan is in haar navrae en waar dit aan die lig gekom het dat hy dood is. Slegs die volgende dag is sy deur polisie by die staatslykhuis meegedeel dat haar seun vermoor is. Sy het verder getuig: “Ek het nie geweet ’n polisieman het hom doodgemaak nie.”
Bennet is nou die ouma van ’n driejarige meisie wat na haar vader se dood gebore is.
Me. Constance Moyo tree namens die staat op. Ndauendapo het die verhoor tot 21 Julie uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42%