Lede van wateradviesraad bekend gemaak
Lede van wateradviesraad bekend gemaak

Lede van wateradviesraad bekend gemaak

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het dié week die name van die lede van die nuwe Wateradviesraad amptelik bekend gemaak.
Volgens Mutorwa het die ministerie aan verskeie instellings ’n kennisgewing gestuur om persone met ’n deeglike kennis van water vir die raad te nomineer.
“Dit is nie my plig om rond te hardloop om mense aan te stel nie,” het hy gesê.
Volgens Mutorwa is die lys van die kandidate noukeurig nagegaan.
“Die raad gaan met ’n baie belangrike bron werk en moet daarom ’n deeglike kennis van water hê.”
Die raad sal onder meer help met die bestuur, bewaring en ontwikkeling van waterbronne. Volgens die minister is die beleid vir die bestuur van waterbronne baie spesifiek en omvattend.
Die 11 raadslede bestaan uit mnre. Raphael Mokaleng, Muesee Kazapua, Onni Itheteme en mee. Penina Iita, Katrina Shimbuli en Betty Muyatwa. Mnr. Gernot Eggert verteenwoordig die landboubedryf, terwyl mnr. Lapitomhinda Hashingola die handels- en dr. Alfons Mosimane die akademiese sektor verteenwoordig. Nog twee lede uit die nywerheidsbedryf en die Namibië Ingenieursraad sal tydens die eerste vergadering van die raad verkies word, het Mutorwa gesê.
Die raad sal vier keer per jaar vergader. Tydens die amptelike bekendmaking van die raadslede was sommige van die lede egter afwesig, wat volgens Mutorwa “nie ’n goeie begin” is nie.

probleem
Die eerste vergadering vind op 5 Oktober plaas.
“As sommige van die lede nie vir die eerste vergadering opdaag nie, moet hulle vervang word,” het Mutorwa gemaan. Volgens een van die raadslede, mnr. Alfons Mosimane, is die raad op die regte tyd in die lewe geroep.
“Die regte ding om nou te doen, is om meer op die waterprobleem in die land te fokus. Doen die beste met dit wat jy het vir dit wat jy nodig het.1396986481

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!