Landbousyfers verdor verder
Landbousyfers verdor verder

Landbousyfers verdor verder

Sektor krimp met meer as 10% in
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Ondanks nóg ‘n droewe jaar het die landbousektor nietemin verlede jaar meer as N$4,67 miljard in die Namibiese ekonomie ingepomp.
Teen heersende pryse verteenwoordig dit bykans 3,2% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) van sowat N$146,6 miljard in 2015, toon die finale nasionale rekeninge wat verlede week deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is. In 2014 was dié syfer 3,8%.
Landbou, deel van Namibië se primêre sektor, se BBP-bydrae in 2015 is die laagste in die nege jaar se syfers wat in die NSA se jongste verslag vervat is.
Teen heersende pryse het veeboerdery verlede jaar vir die leeueaandeel van bykans N$2,77 miljard uit landbou se totale BBP-bydrae gesorg. Dit is N$393 miljoen of sowat 12,4% minder as in 2014. Akker- en bosbou het bykans N$1,91 miljard bygedra, ‘n afname van N$264 miljoen of amper 12,2% teenoor 2014.
Om die jaarlikse groei van sektore te bepaal, gebruik die NSA konstante pryse van 2010. Dit toon die landbousektor het in 2015 met -10,3% gegroei of ingekrimp. Die vorige jaar het dié sektor met 11,1% gegroei.
Veeboerdery het ná positiewe groei van 13,9% in 2014 met 14% ingekrimp. Naas diamantverwerking en uraanproduksie het veeboere die slegste jaar van al die ekonomiese subsektore in Namibië agter die rug. Diamantverwerking het in 2015 met 47% ingekrimp, terwyl uraanproduksie met -18,1% gegroei het.
Akker- en bosbou het verlede jaar met 5,2% ingekrimp ná dit in 2014 met 7,6% gegroei het. Die NSA skryf landbou se dor vertoning toe aan die droogte, asook bek-en-klou-seer (BKS) wat verlede jaar in die noordelike kommunale gebied (NCA) uitgebreek het.
Vleisverwerking, deel van Namibië se sekondêre nywerhede, het verlede jaar met 9,1% ingekrimp. Dit is ‘n heelwat beter vertoning as die inkrimping van 17,2% in 2014. Teen heersende pryse het dit vir N$593 miljoen van die BBP gesorg.
Algehele ekonomiese groei in Namibië in 2015 was 5,3% teenoor 6,5% die vorige jaar.
Landbou se vaste kapitaalvoorraad teen heersende pryse - soos grond, geboue, voertuie en toerusting - het teen die einde van 2015 meer as N$9,8 miljard beloop, effe minder as die bykans N$10,1 miljard die vorige jaar.
Die Bank of Namibia (BoN) het verlede maand sy hersiende ekonomiese vooruitskouing vir 2016 vrygestel. Hiervolgens verwag die sentrale bank vanjaar ‘n beter vertoning van landbou as in 2015. Groei sal egter negatief bly.
“Veeboerdery sal na verwagting beter vaar as in 2015 met boere wat hul kuddes gaan probeer opbou. Die koers waarteen akkerbou gaan inkrimp, sal na raming met dié van 2015 ooreenstem,” sê die BoN.
Die BoN verwag landbou sal vanjaar in sy geheel met 5,8% inkrimp. Negatiewe groei van 6,9% word vir veeboerdery verwag, terwyl akker- en bosbou met 4,5% gaan inkrimp.
Vanaf volgende jaar word positiewe groei deur die bank vir landbou verwag: 2,6% in 2017 en 5% in 2018. Veeboerdery sal na verwagting volgende jaar met 3,4% groei, terwyl groei van 4,6% in 2018 voorsien word. Akker- en bosbou sal na verwagting onderskeidelik met 1,7% en 5,5% groei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!