Koue weer môre verby
Elvira Hattingh - Namibiërs kan vandag nog vir oulaas temperature onder vriespunt verwag, terwyl dit van môre weer ietwat warmer kan begin word.
Weervoorspeller mnr. Richard Nashikaku van die Namibiese weerkantoor, sê groot dele van die land sal vandag nog temperature onder vriespunt ervaar en dat dit baie koud oor die sentrale, suidelike, oostelike en sentraal-noordelike dele sal wees.
’n Reeks kouefronte beweeg sedert die naweek oor die Kaapse Skiereiland, terwyl ’n afsnylaag oor suidelike Afrika se binneland ysige toestande en reënweer tot gevolg het. Die koue reënweer in Suid-Afrika sal nog tot Donderdag duur, waarna die kwik in die oggende tot net bokant vriespunt sal styg.
Terselfdertyd was dit gister die koudste dag in Namibië sedert die aanvang van die jongste kouefront. Volgens die weerkantoor se amptelike metings was temperature by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako die laagste teen -5,2°C.
’n Minimum temperatuur van -5,1°C is op Gobabis gemeet, terwyl Rehoboth en Otjinene elk op -3,5°C gestaan het. Mariental was Dinsdagoggend -3,4°C, gevolg deur Aranos wat op -2,8°C was.
Grootfontein was gister op sy koudste en -1,8 grade Celsius is gemeet, terwyl Otjiwarongo op -1,7°C gestaan het. Keetmanshoop was op -1,6°C, Outjo op -1,5°C en Okongo op -1,4°C. Maltahöhe se minimum temperatuur was -0,8°C.
Die minimum temperatuur in Windhoek was gister -0,7 grade Celsius.
Intussen het mense van oral in die land ook die temperature aangeteken. Elisenheim-inwoners het laat weet temperature so laag as -6 grade Celsius is gisteroggend daar gemeet, terwyl dit -4°C in Avis was.
Opuwo was gisteroggend 3°C en Gochas -8°C.
Maandag was Gobabis die koudste dorp toe ’n minimum temperatuur van -3,1°C grade aangeteken is.
Die weerkantoor voorspel ’n minimum- en maksimumtemperatuur van 3 en 21 grade Celsius vandag vir Windhoek, terwyl Keetmanshoop se temperature 3 en 22 sal wees. Rundu en Ondangwa het warmer weer met ’n minimum van 8 en ’n maksimum van 27. Oor die algemeen word algaande warmer temperature van Donderdag af vir Namibië voorspel.
Terselfdertyd is sneeu nog tot vandag toe vir hoogliggende dele van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika asook wydverspreide reën oor groot dele van die buurland voorspel. Weerverslae is ook ontvang dat sneeu sedert Saterdag in die Wes- en Oos-Kaap en later ook in Lesotho geval het. ’n Aantal paaie in die Oos-Kaap moes weens sneeu gesluit word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie