Koos van Ellinckhuijzen vanoggend oorlede
‘n Doyen van Namibiese kunstenaars, Koos van Ellinckhuijzen, het vanoggend in die ouderdom van 73 jaar op Swakopmund gesterf.
Dit was net meer as ‘n week nadat hy blykbaar as gevolg van ‘n beroerte by sy blyplek geval het.
Hy is aanvanklik in een hospitaal opgeneem en is later na die MediClinic oorgeplaas waar hy in die hoësorgafdeling behandel is.
Hy is gister na die Marie Douglas-tehuis vir senior burgers oorgeplaas waar hy vanoggend omstreeks halfagt oorlede is.
Van Ellinckhuijzen was die skepper van onder meer die muurkuns in die ou Hardap-ruskamp, het reekse seëls ontwerp en van sy werke is as meesterstukke geloof.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie