Kitstoestelle vir MIV/vigstoetsing hier
Namax, ’n farmaseutiese maatskappy wat in Namibië gebaseer is, het kitstoestelle vir MIV-toetsing ter waarde van N$200 000 aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig. Volgens die maatskappy se uitvoerende direkteur, mnr. Xiangyu Ying, is die produk deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) goedgekeur en kan iemand se MIV-status binne 30 minute bepaal word. Die toestelle werk vir beide MIV-1 en MIV-2. Teenwoordig tydens die oorhandiging was van links: Mnr. Malakia Nghipandaluwa, mnr. Albert Li Shunghung, me. Juliet Kavetuna (adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste), mnr. Xiangyu Ying en me. Alison Wang. FOTO GARWIN BEUKES
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie