Jong Burger ryg ses rekords in

Swem
Andrew Poolman
’n Opwindende atmosfeer het bygedra tot die sukses van laas naweek se nasionale kortbadkampioenskap van die Namibiese Amateur Swemunie waar verskeie nuwe inskrywings in die rekordboeke gemaak is.

Swakopmund se moderne binnenshuise swembad van 25 meter was die ideale venue vir die driedaagse geleentheid waar die beste swemmers van dwarsoor die land hul talent uitgestal het.

Vyf klubs met ’n totaal van 150 swemmers het meegeding. Die Aqua swemklub het 14 swemmers in die veld gestoot; Dolphin 91 swemmers; die Namib Swimming Academy 17; die Oranjemund Sand Sharks 12 en Swakopmund swemklub 16 swemmers.

Altesame 23 Namibiese ouderdomsrekords het in die slag gebly, terwyl bykans 700 persoonlike beste tye opgestel is.

Die volgende swemmers het nasionale ouderdomsrekords verbeter:

• Mikah Burger oortref ’n verstommende ses rekords in die seuns 11-12 ouderdomsgroep. Sy nuwe rekords is in die 50 vryslag, 100 vryslag, 50 rugslag, 50 borsslag, 100 vlinderslag en 100 individuele wisselslag opgestel in tye van 28.54; 1:02.27; 33.16; 34.28; 1:06.04 en 1:10.11 onderskeidelik. Die vorige rekords was onderskeidelik 28.70; 1:04.57; 33.20; 36.50; 1:09.52 en 1:10.35.

• Tiana Esslinger het drie nuwe rekords vir meisies 11-12 jaar verbeter, naamlik in die 100 vryslag, 50 rugslag en 100 rugslag in tye van 1:03.74; 33.07 en 1:10.22 onderskeidelik. Die vorige rekords was 1:04.26; 33.09 en 1:11.18.

• Zanré Oberholzer oortref die meisiesgroep 17-18 se 50 rugslag en 100 rugslagrekords met tye van 29.90 en 1:04.64 onderskeidelik. Die vorige rekords was 31.04 en 1:06.72.

• Molina Smalley stel in die meisies 17-18 ouderdomsgroep se 50 vlinderslag en 100 vlinderslag nuwe rekords van onderskeidelik 30.09 en 1:06.58 op. Die vorige rekords was 30.18 en 1:06.64.

• René Viljoen (vier rekords) verbeter die seuns 13-14 jaar se 50 vryslag, 50 borsslag, 100 borsslag en 100 individuele wisselslag met tye van 25.73; 32.21; 1:12.13; en 1:03.64 onderskeidelik. Die vorige rekords was 25.90; 33.00; 1:12.94 en 1:04.49.

• Corné le Roux (drie rekords) is die nuwe rekordhouer in die seuns 13-14 jaar se 100 vryslag, 50 vlinderslag en 100 vlinderslag met tye van 56.44; 27.17 en 1:00.46 onderskeidelik. Die vorige rekords was 57.51; 28.19 en 1:01.23.

Die swemmer wat die hoogste FINA-puntetotaal in ’n enkele item behaal het, was Alexander Skinner met 708 punte in die seuns 17 en ouer se 100 meter vryslag.

Alexander Skinner was ook die senior victor ludorum met Molina Smalley as die senior victrix ludorum, Tiana Esslinger die junior victrix ludorum en Mikah Burger as die junior victor ludorum.

Die klubs wat medaljes ingepalm het, was soos volg:

Dolphins Swemklub: 73 goud, 72 silwer, 78 brons, 223 totaal.

Namib Swim Academy: 25 goud, 20 silwer, 15 brons, 60 totaal.

Swakopmund Swemklub: 2 goud, 7 silwer, 7 brons, 16 totaal.

Oranjemund Sand Sharks: 1 silwer, 1 brons, 2 totaal.

Die kampioenskap is opnuut deur Old Mutual geborg. Die versekeringsmaatskappy het ’n verdere borgskap van N$28 000 aan die Swakopmund swemklub .

• Die volgende hoogtepunt op die plaaslike swemkalender is die Namibiese nasionale langbadkampioenskap. Dit is geskeduleer vir 5 November by Tsumeb se swembad wat 50 meter lank is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!