Hulp stroom in vir Sara
Hulp stroom in vir Sara

Hulp stroom in vir Sara

Tanja Bause
Tanja Bause - Lesers van oral in die land het gister hul harte en beursies vir Sara (skuilnaam) en haar eenjarige dogtertjie Maria, oopgemaak wat in 'n openbare toilet in 'n speelpark in Windhoek bly. Talle mense het klere vir ma en dogter, melk en babadoeke en kos by NMH se kantoor in die middestad afgegee. Die Khomasstreekraad en die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn gaan met die Windhoek-munisipaliteit onderhandel oor ? moontlike erf waar Sara ? sinkhuis kan oprig, terwyl nog mense en ook private maatskappye laat weet het hulle sal Sara se sinkhuis vir haar oprig en ook 'n sementvloer lê. 'n Vrou van Windhoek het vir Sara werk as huishulp vir twee dae van die week aangebied.
“Sy kan haar dogter saambring, dan is sy ook veilig en versorg terwyl Sara werk."
Nog ? maatskappy het aangebied om Sara moontlik voltyds in diens te neem. Intussen het ? inwoner van Windhoek aangebied dat Sara en haar dogter in ? buitekamer by haar huis kan kom bly totdat haar sinkhuisie klaar gebou is. Sy het ook werk as huishulp aangebied. Ook uit Mariental is 'n oproep ontvang van 'n vrou wat graag 'n geldelike bydra vir Sara wil maak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!