Hulde aan ontslape Gus Uys
Hulde aan ontslape Gus Uys

Hulde aan ontslape Gus Uys

Legende van Namibiese lugvaart só onthou
Estelle de Bruyn
Op die oggend van 22 Augustus vanjaar het sosiale media gegons met die nuus dat ’n legende in Namibiese lugvaart-geledere gesterf het.
Op ’n manier was dit gepas dat so ’n moderne verskynsel gebruik is om die nuus van Gus Uys se dood te versprei, want hy was so ’n vooruitdenker. Hy het byvoorbeeld ná sy 80ste verjaarsdag vir homself ’n skootrekenaar aangeskaf, skryf Leon Carstens.
“Aangespoor deur sy belangstelling in die internet en e-pos, het hy homself leer tik en toe sy biografie op hierdie manier gepubliseer.
“Met Gus Uys se dood op 21 Augustus 2016, het die einde van die finale hoofstuk van ’n vergange era in Namibië se lugvaartgeskiedenis aangebreek.

het alles en nog wat gedoen
“Gus is op 12 Oktober 1921 in die Harrismith-distrik in Suid-Afrika gebore.
Met sy gemaklike lag en lughartige humorsin, was hy altyd gereed vir avontuur.
“Voordat hy na die destydse Suidwes-Afrika verhuis het, het hy ver­skeie suksesvolle sakeondernemings behartig. Dit het van bosbou en die besit van ’n saagmeule in Agatha tot ’n droogskoonmakery in Potgietersrus gewissel. Hy het selfs probeer om ’n staatsamptenaar te wees, en het in die sestigerjare vir die departement van bosbou gewerk.
“Gus was in sy vroeë veertigerjare toe hy as handelsvlieënier gekwalifiseer het.
“Sy eerste liefde wat vlieg betref, was lugbespuiting. Op een tydstip was daar ’n plaag vinke wat die lewe vir boere in Noord-Transvaal moeilik gemaak het.
“Hy is deur die boerderygemeen­skap gekontak om hulle te help om die plaag die hoof te bied. Hulle het met ’n vernuftige plan vorendag gekom, wat vandag nie te goed by verskeie dissiplines, insluitende die lugvaart-owerhede, sou afgaan nie.
“Hulle het gewag tot die vinke in die aand tot rus kom en het toe met die navigasie van die sterre oor die broei- en slaapplekke gevlieg en gif gespuit. In daardie dae het slegs die mees gesofistikeerde vliegtuie oor toerusting soos radio-altimeters beskik, dus was die skatting van hoogte in die nag ’n reuse-uitdaging.”

Verhuis na destydse
Suidwes-Afrika
“In die laat 1960’s het hy sy nuwe familie op ’n groot avontuur na Suidwes-Afrika gebring.
Hy het ’n vliegskool begin en aanvanklik sake gedoen uit ’n woonwa wat by Eros-lughawe geparkeer was.
“In daardie tyd het burokratiese rompslomp vererger deur swak kommunikasie en die groot afstand tussen Windhoek en Pretoria wat beteken het dat dit moeilik was om ’n lugdienslisensie te bekom. Die immer vindingryke Gus het die bul by die horings gepak en Namib Air se bestuur genader om onder hul lisensie te werk. Dit was die begin van die legende van Gus Uys.
In 1968 is Gus Amerika toe om ’n Belanca-vliegtuig te koop. Hy het die vlugte terug Windhoek toe fyn beplan, maar op die laaste been huis toe, was hy genoodsaak om die vliegtuig in die baai van Guinee neer te laat.
Hy is deur ’n Spaanse vissersboot opgepik en ondanks sy teenstribbeling, na Ekwatoriaal-Guinee geneem, waar hy as ’n Suid-Afrikaanse spioen op die eiland Fernando Po aangehou is. Dit was gespanne tye vir sy familie voordat die Internasionale Rooikruis sy vrylating onderhandel het.
Jare later sou hy spot dat die Rooikruis sy planne om te ontsnap, gefnuik het. Hy was van plan om op dieselfde aand as sy vrylating te ontsnap.
Tussendeur vlugte, het hy sy huis in Olympia eiehandig gebou.

Belangstelling in boerdery
In die sewentigs en tagtigs het hy vendusiegangers na verskeie beesvendusies in die land gevlieg en in die proses sy intelligensie en intuïsie gebruik om meer oor beesboerdery te leer.
Dit het daartoe gelei dat hy ’n suksesvolle stoet Bonsmarabeeste opgebou het. Hy het gevolglik in die vroeë 1990’s afgetree uit die lugvaartbedryf en hom tot sy ander liefde, boerdery gewend.
“Baie vlieëniers, sommige van wie die loopbane einde se kant toe staan, vertel hoe Gus hulle as vlieëniers gevorm het.

Laaste jare
“Ná die dood van sy geliefde vrou, Rhona, net ná die begin van dié eeu, het hy besluit om op die ouderdom van 80 jaar weer ’n vliegskool te begin.
Dit het nie lank gehou nie, waarop hy by Westair op Eros-lughawe as werkinspekteur aangesluit het. Hy het in hul diens gebly tot sy dood.
“Gus, die man, het vertrek na sy Hemelse Vader, maar sy wil van staal en sin vir geregtigheid leef voort in sy kleinseuns, David en Rowan.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%