Honda HR-V: Prettige klein sportnuts met styl

Gerine Hoff
Dirk Gallowitz – Honda het middel laasjaar ’n baba-sportnuts genaamd HR-V, tot sy modelreeks in Suid-Afrika gevoeg. Ons het ’n tyd gelede die intreevlak 1,5 Comfort weergawe vir ’n week toetsbestuur en was heel beïndruk.
Die eerste HR-V is plaaslik in 2002 bekend gestel met ’n voorkoms wat sterk trekke gehad het na so ’n effe-hoër-op-die-wiel-stasiewa. Verkope destyds was maar so-so, totdat die model in 2004 stilweg van die motortoneel verdwyn het. HR-V is die akroniem vir “Hybrid Recreational Vehicle”, maar die nuwe model het totaal niks met hedendaagse hibriede tegnologie te make nie.
Honda beskryf die 2015 Honda HR-V as ’n “Urban Cross Over”, waar “Cross Over” die beskrywing is as jy ’n gewone sedanmotor en ’n SUV (Sports Utility Vehicle) sou kruis. Die resultaat is so ’n middelgrootte voertuig, groter en hoër op die wiele as ’n sedan, maar kleiner en laer as ’n SUV.
Ek dink die idee is dat die voertuig soos ’n sportnuts moet vertoon, sonder noodwendig die fôr-by-fôr vermoëns en definitief sonder die stewige pryskaartjie waarmee deesdae se luukse veldryers kom.
Die mark vir die “wanna-be” sportnutse, wat eintlik maar ’n stoftrappertjie is waarmee hoogstens die randstene by die plaaslike “mall” geklim word, is juis ’n gewilde marksegment wêreldwyd.
Die HR-V mik vir jong families wat darem so af en toe op ’n grondpad wil gaan ry en avontuurlustige buitelugpret gaan soek. Daarvoor is die klein sportnuts ideaal.
Visueel tref die HR-V met voor ’n sterk V-ontwerp van die sierrooster en groot geïntegreerde hoofligte. Die uitgeboude wielboë met swart plastiek beskermstroke oor groterige wiele en die sterk sylyne is bydraend tot die HR-V se prettig aggressiewe voorkoms, met die dun dakrelings wat so effe skimp na ’n buitelug aktiwiteit of twee.
Ek hou van hoe Honda ’n binneruim laat vertoon en voel. Ergonomies goeie uitleg, meesterlik en praktiese verpak met gemak en gerief vir al die insittendes.
Honda se veelgeroemde “magic seat system” wat sy buiging in die gewilde Jazz gemaak het, is ook nou in die HR-V om praktiese veeldoeligheid aan die binneruim te verleen. Met die sitplekke regop is 393 liters se laairuimte agterin beskikbaar, maar slaan jy die agterste ry sitplekke plat, kan jy 1 002 liters bagasie inpak.
Die nuwe HR-V is beskikbaar in twee modelle. Beide petrolaangedrewe is die 1,5 liter Comfort en die 1,8 liter Elegance slegs met Honda se CVT palwisselratkas wat deur die voorwiele aandryf. Ons 1,5 liter i-Vtec toetsmodel gebruik dieselfde enjin wat ook in die Honda Jazz, Ballade en Mobilio gebruik word, maar bied nou 88 kW en 145 Nm.
Ek byt maar langtand aan die CVT-ratkaste van die moderne motors. Buiten Subaru se CVT-ratkas in die WRX, kry die gewone outokas of ’n handratkas my stem, maar volgens Honda SA verkies sy kopers die CVT.
Daar is ’n beheerknop wat die bestuurder die opsie bied van drie ritmodusse. In “ECO”-modus vertoon die instrumentasie ’n wit agtergrond wat groener word namate jy meer ekonomies bestuur.
Ons het heelwat kilometers afgelê tydens ons toetsweek en het ons die HR-V geniet. Hantering is uitstekend vir sy segment, daar is goeie paddinamika gegewe die ontwerp en die HR-V bied ’n gerieflike rit selfs op die grondpad.
Soos met alle Honda-modelle kom die HR-V ook goed toegerus met verskeie veiligheidstelsels waaronder Honda se ACE (Advanced Compatibily Engineering) vir die bakstruktuur en ses lugsakke strategies in die kajuit geplaas vir impakbeskerming. Bestuurderhulp sluit in onder meer ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding, noodrembystand en voertuigstabiliteitsbystand. ’n LED-remlig hoog bo die venster op die agterklap gemonteer sorg vir beter sigbaarheid tydens remming.
Met die HR-V kombineer Honda suksesvol die buitelug aktiwiteitsvoorkoms van ’n sportnuts met die praktiese ruimte en gerief van ’n gesinsbussie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!