Hanse-Himarwa kap terug
Vete tussen vroue duik weer op
Catherine Sasman
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het ten sterkste aantygings van die Kalkrand-dorpsklerk, mnr. Seth Boois, ontken dat sy verlede week se optog deur inwoners aangehits het weens haar openbare bakleiery met sy vrou, me. Yvonne Boois.
Boois het verlede Donderdag woedend gesê Hanse-Himarwa is die suster van die organiseerder van die optog, mnr. James Hansen, wat sy aangehits het. Hansen is die “kruisman” wat gereeld na Windhoek stap om oor munisipale aangeleenthede by die owerhede te kla.
“Hierdie is aantygings van ’n mal en obsessiewe man,” het Hanse-Himarwa onthuts oor Boois se beskuldigings gesê .
“Dink hy regtig dat hy die geringste plekkie in my brein beslaan? Ek ken hom nie en ek het vir hom en sy familie ’n guns gedoen om inwoners van Hardap te word deur sy vrou aan te stel, Dit terwyl sy vierde in die onderhoud gekom het omdat sy ’n vrou is,” het Hanse-Himarwa, die voormalige Hardap-goewerneur, gesê oor Yvonne Boois se aanstelling as die hoof van die streekraad sowat ses jaar gelede.
Hanse-Himarwa het bygevoeg dat sy die Boois-familie verder bygestaan het deur haar eggenoot, mnr. Andreas (Ghenno) Himarwa, te vra om vir Yvonne ’n 17,2% aandeel in sy vismaatskappy, Hotago Fishing CC, gratis te gee “eenvoudig om haar te bemagtig as ’n vrou in diens onder my leierskap”.
Yvonne Boois het later vir Himarwa voor die hof gedaag oor beweerde bedrog nadat sy agterdogtig geword het oor hoe winste tussen haar mede-aandeelhouers verdeel is.
“Ek het geen rede om verder met mense te baklei waarmee ek slegs ’n professionele verhouding gehad het nie,” het Hanse-Himarwa Maandag gesê.
Sy het bygevoeg dat sy eers van Hansen se optog gehoor het nadat dit plaasgevind het, en vra of mense dan noodwendig aangehits moet word om dit te doen as hulle sien iets loop verkeerd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie