Handig onwettige wapentuig sonder vervolging in
Handig onwettige wapentuig sonder vervolging in

Handig onwettige wapentuig sonder vervolging in

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - “Mense in besit van ongelisensieerde of onwettige wapens en ammunisie wat dit vrywillig by hul naaste polisiekantoor inhandig, sal nie in hegtenis geneem word nie. As óns egter uitvind dat iemand so iets onwettig aanhou en dit in sy besit vind, sal ons die persoon in hegtenis neem.”
Dit is die woorde van die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, adjudant-offisier Maureen Mbeha, nadat die polisie die afgelope naweek op verskeie wapens afgekom het wat langs die pad tussen Outjo en Otjiwarongo weggegooi is.
“Ons sal die onwettige of ongelisensieerde ammunisie en wapens in ontvangs neem en sal nie mense wat dit self kom indien, in hegtenis neem nie,” het sy gesê.
Dit volg nadat die polisie verskeie items lewendige oorlogstuig van Suid-Afrikaanse oorsprong Sondag naby die pad tussen Outjo en Otjiwarongo gevind het.
Volgens Mbeha het ’n amptenaar van die ministerie van onderwys in die Kunenestreek ’n mortierbom gesien wat naby die pad gelê het.
“Die amptenaar was saam met twee kollegas in ’n regeringsvoertuig op pad na Windhoek en het die polisie op Outjo van die vonds in kennis gestel,” het Mbeha gesê.
Met hul aankoms het die polisie die toneel verken en ’n sak opgespoor wat nog ’n mortierbom, drie geweergranate, 34 mm rubberpatrone asook twee houers ligbomme bevat.
Mbeha get bygevoeg dat nog voorwerpe wat lyk of dit van landmyne kom asook veiligheidspenne van handgranate, in die sak gevind is.
Voorafondersoek deur die polisie dui aan dat twee seuns, onderskeidelik 15- en 16-jaar oud, die sak Saterdag sowat 20 km oos van Outjo op die Otjiwarongo-Outjo-pad gevind het. Hulle het die sak na die plaas Arcadia geneem, waar hul pa as ’n plaaswerker in diens is.
Hy het vir sy seuns gesê hulle moet die sak terugneem na waar hulle dit gevind het. Die seuns het dit Sondagdagoggend weer langs die pad gelaat, waarna dit deur die amptenaar gevind is.
Lede van Otjozondjupa se plofstofeenheid het die stukke vir veilige bewaring na Otjiwarongo se polisiekantoor geneem.
Mbeha het kinders in die Otjozon­djupastreek versoek om nie aan onbekende voorwerpe te raak nie en eerder hul ouers of die naaste polisiekantoor daarvan in kennis te stel.
Verlede week is nog ’n lewendige vuurpyl-aangedrewe granaat asook ’n militêre radio naby Otavi gevind. Dié ontdekking kom kort nadat meer as 2 000 rondes ammunisie asook ’n R5-geweer op die B1-pad tussen Otjiwarongo en Otavi gevind is.
Vyf boere is reeds sedert die begin van die jaar in verband met die besit van óf ongelisensieerde óf onwettige vuurwapens en ammunisie in die Otjozondjupastreek in hegtenis geneem.
Die uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Sakkie Coetzee, vergesel van mnre. Thinus Pretorius, die NLU se streekverteenwoordiger vir Otjiwarongo, en Frikkie Engels, voorsitter van die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum (JCPF), het in Junie besoek gebring aan die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, asook die polisie om duidelikheid oor dié kwessie te kry.
“Ofskoon die besit van ongelisen­sieerde vuurwapens en ammunisie ’n strafbare oortreding is, het die NLU vir ’n amnestietydperk gevra waartydens wapens sonder vrees vir vervolging ingehandig kan word.
“Die polisie het aangedui dat hulle dit sal bespreek en terugvoering gee. Die polisie het dit ook baie duidelik gestel dat die getal patrone per gelisensieerde wapen beperk is tot 100 patrone en die hoeveelheid kruit vir herlaai-doeleindes beperk is tot 500 g, of een kg met spesiale toestemming van die polisie,” sê die NLU in ’n nuusbrief.
“Die aanhou van sogenaamde ‘oorlogsmateriaal’ is ’n grys area, want baie van hierdie toerusting is vrylik in die handel te koop. Die polisie het egter aangeraai dat verkieslik van ou toerusting soos uniforms ontslae geraak moet word. Dit is sodat die indruk nie geskep kan word dat dit vir oorlogdoeleindes gebruik gaan word nie. Ou weermagradio’s wat wel gelisensieer is, kan as wettig beskou word. Selfs ou ammunisiekiste kan gebruik word, maar weer eens in hoeveelhede wat nie ’n aanduiding kan gee van die ophoop van oorlogmateriaal nie,” lui dié nuusbrief.
Wat betref die ou SWA/Namibië ID-nommers op sekere wapenlisensies, het die polisie aanbeveel dat aansoek gedoen moet word om dit oor te dra na die betrokke mense se nuwe Namibiese identiteitsdokumente.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.37/OZ UP +0.35% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 825.60/T UP 0.84% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 902.20/OZ DOWN -0.0084 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.37/OZ UP +0.35% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 825.60/T UP 0.84% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 902.20/OZ DOWN -0.0084