Groot moeite met gevinde vriende
Groot moeite met gevinde vriende

Groot moeite met gevinde vriende

Dani Booysen
Entoesias skryf:
Baie dankie aan Republikein vir die geleentheid om deur die weeklikse waterbesparingsrubriek openlik te kan kommunikeer oor die waterkwessie.
Ek wil graag meer sekerheid oor die visdamaangeleentheid kry. Ek dink nie die munisipaliteit het die besluit dat alle huiseienaars moet ontslae raak van hulle visdamme ("koi ponds") behoorlik deurdink nie. Dit skreeu teen my persoonlike reg om my dam en visse te behou.
Ek is ’n pensioenaris en het oor ’n tydperk geweldig baie geld belê in my tuin se uitleg, besproeiing en plante. My koi-dam het my, saam met die ontwerp, ongeveer N$25 000 gekos. My koi-visse wat ek nou al oor die agt jaar het, het voor my gegroei, eet uit my hand en is volgens kenners duisende dollar werd. Ek het elke dag met ’n lied in my hart in my tuin geloop, die voëls kos gegee en my visse bewonder.
Vandag is my tuin morsdood, ek het al my plante verloor.
Ek probeer my kant bring om besparing teweeg te bring. Maar ek kan dit egter nie oor my hart kry om van my koi-dam- en visse ontslae te raak nie, want wat bly dan van my dag se plesier oor, my plekkie waar ek rustig kan wees en energie kry? Waarnatoe gaan ek met my visse?
Ek probeer enige moontlike plan maak om elke druppel te laat tel. Ek het alle stelsels afgeskakel om my dam vol te maak (“top up”). Ek ry water van my vriende se plase honderde kilometers ver aan om die vlakke redelik te hou. Ek sal verstaan dat ’n normale waterfontein moet opdroog, want daar is geen lewe en geweldige kostes betrokke nie.
Hier is my vrae. Hoekom is die reël nie net vir nuwe huise en geboue nie? Hoekom mag mense dan hulle swembaddens behou, wat gemiddeld 80% meer waterverdamping het as my visdam? Hoekom is die munisipale swembaddens nog vol? Waarom word daar nog groot projekte goedgekeur en karwasplekke floreer, ensovoorts, ensovoorts?
Ek kan net nie aanvaar dat wanneer daar geen visie en langtermynbeplanning is dat ons as die belastingbetaler net eenvoudig altyd aan die kort end moet trek nie.
Dankie.

Die munisipaliteit se ­afdeling vir die bestuur van ­wateraanvraag reageer:
Die kwessie van visdamme moet ongelukkig gedurende ’n waterkrisis aangespreek word.
Die meeste visdamme het ’n fontein of stelsel om lug in die water and filter te kry. Hierdie volledige proses verbruik soveel water soos ’n huishouding en in gevalle meer.
Vir visdamme, net soos swembaddens, mag geen drinkwater gebruik word nie.
Dit is baie ontstellend om so ’n stokperdjie tot niet te maak. Damme met visse het ’n gerusstellende uitwerking en skep ’n ontspanne omgewing. Baie mense heg daarom groot waarde aan hierdie stokperdjie.
Wat is die opsies om hierdie stokperdjie verder te geniet?
• Visdamme se water mag uit alternatiewe bronne soos halfgesuiwerde water, boorgate buite die Windhoek akwifer en reënwater aangevul word. Reënwatertenks is ’n opsie. Ons stel voor dat rekord van aanvulling gehou word wat as bewys kan dien dat drinkwater nie gebruik word nie.
• Om waterverlies tot die minimum te beperk, is die volgende ’n vereiste: 1) Geen fonteine mag loop nie.
2) Die oppervlakarea van ’n visdam moet met ’n skadunet op die dam se rand toegespan word. Die net mag nie in die water hang nie. 3) Pompe mag die water net binne in die dam sirkuleer.
• Die doel is om ’n klimaat soortgelyk aan ’n binnenshuise omgewing te skep, waarin verdamping minimaal voorkom. Die proses werk baie goed en alge is aansienlik minder. Die watertemperatuur is in die algemeen ietwat laer, maar meer gelykmatig/stabiel.
• ’n Perseel mag net een buiteshuise visdam hê.
Ons vertrou dat die stokperdjie nog baie vreugde sal bied en ons weet dat baie mense groot moeite doen om water te bespaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!