Grondbelasting: Partye kon nie buite hof skik
Grondbelasting: Partye kon nie buite hof skik

Grondbelasting: Partye kon nie buite hof skik

Beswaarmakers tree glo strydig met wet op
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die voorsittende beampte van die grondwaardasiehof, mnr. Johannes Shiveni, het die verrigtinge van dié hof in Windhoek vir grondeienaars wat oor regsverteenwoordigers beskik, gister vir twee dae uitgestel sodat die regslui betoë kan voorberei. Die hof het egter voortgegaan om die besware aan te hoor van diegene wat hul eie sake behartig.
Tydens gister se verrigtinge is bekend gemaak dat skikkingsonderhandelinge tussen grondeienaars en die regering nie suksesvol was nie en die waardasiehof dus sal voortgaan om al die besware van aansoekers aan te hoor.
Senior advokaat Andrew Corbett, wat namens 606 beswaarmakers optree, het in sy betoog gesê sy kliënte wil graag die regering bystaan in die stryd teen voedselsekuriteit, maar hulle meen grondbelasting behoort regverdig en redelik te wees. Hy het verder aangevoer dat sekere aspekte van die manier waarop grondbelasting gehef word, betwis word. Corbett het gesê hulle het gehoop om in gesprek met die regerings se verteenwoordigers te tree sodat die jarelange saak wat soveel onsekerheid aan beide kante veroorsaak het, afgehandel kan word.
Hy het verder aangevoer die isokaart waarop plaaswaardasies en gevolglik grondbelasting gebaseer is, nie ’n billike weerspieëling van grondwaardes is nie. Sy kliënte betwis die metode van evaluering deur die aangestelde grondwaardeerder en deskundige getuienis, wat nie betwis word nie, is in hierdie verband aan die waardasiehof voorgelê. Hy het die drakrag van grond as ’n kritiese faktor in grondevaluering genoem en gesê die regering se waardeerders het hierdie aspek nie in berekening gebring nie. Corbett het verder gesê: “Die regering het nie met ’n teenaanbod vorendag gekom het nie. Ons het kwitansies en kaarte vir ons 660 kliënte voorberei. Maar ons is teleurgestel – die regering het ons nie in goeder trou toegelaat om te onderhandel nie. Ons voorsien dus geen moontlikheid vir ’n skikkingsooreenkoms nie.”
Corbett het onder meer ’n bevel van Shiveni versoek met betrekking tot ’n alternatiewe waardasiemetode ten opsigte van die deskundige getuienis wat tot dusver in die waardasiehof gelewer is. Hy het hom verder as volg oor die onderhandelingsproses uitgespreek: “Ons is ná die onderhandelingspogings nou meer negatief oor die proses.”
Die regsverteenwoordigers vir die res van die beswaarmakers, adv. Albert Strydom en mnre. Pieter de Beer en Charlie Bodenstein sal ook môre pleidooie namens hul kliënte lewer.
Die waardasie-generaal, mnr. Protasius Thomas, het aangevoer dat beswaarmakers nie aan die regulasies van Waardasiewet 7 van 2012 voldoen het nie en dus in stryd met die wet opgetree het.
Thomas het ’n volledige uiteensetting van die waarderingsformule van die regering voorgelê. “Ek het probeer om ’n balans te tref tussen regverdigheid en eenvormigheid. Dit sou ’n monumentale koste-implikasie inhou indien individuele plase afsonderlik geëvalueer moes word,” het hy gesê. Volgens Thomas behoort ’n waardeerder landbougrond te waardeer teen die beste moontlike waarde wat ’n verkoper kan behaal deur aan ’n gewillige koper te verkoop. Verder word slegs die grondwaarde in ag geneem en nie enige ontwikkeling daarop nie. Plase word ook in sekere agro-ekologiese sones ingedeel wat die waarde daarvan verder bepaal.
Die hof het uitspraak voorbehou in die aansoek van mnr. Rainer Kraft, maar in die geval van mnr. Hermann Gabade gelas dat die waardasie van sy plaas van N$595 na N$400 per hektaar verminder word.
Die aanhoor van beswaarmakers wat hulself verteenwoordig gaan vandag in die landdroshof in Windhoek voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!