Gestremdes kan by Heroes se byeenkoms uitblink
Gestremdes kan by Heroes se byeenkoms uitblink

Gestremdes kan by Heroes se byeenkoms uitblink

Tielman van Lill
Oshakati bied komende Saterdag die Oshana Heroes kampioenskap aan waar gestremdes uit elf streke in atletiek en rolstoelbasketbal sal deelneem.
Die Oshana Heroes is ’n plaaslike sportklub vir gestremdes en vanjaar sal die 14de agtereenvolgende jaar wees wat hulle die byeenkoms op dié noordelike dorp reël.
Deelnemers van die streke Oshana, Ohangwena, Omusati, Oshikoto, Kavango-Oos, Kavango-Wes, Khomas, Erongo, Hardap, //Kharas en Zambezi sal Saterdag in die noorde byeenkom om hul vernuf en talent op die atletiekbaan ten toon te stel.
Toini Kasheeta, sportbeampte van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens vir die Oshanastreek, het aan Nampa gesê die hoofaktiwiteite is die baan- en veld-atletiekitems, terwyl die atlete ook in rolstoelbasketbal sal meeding.
“Ons wil hê die kampioenskap moet ’n baie professionele byeenkoms wees en verwag dat elke streek sy voorste 20 atlete sal stuur. Die ministerie sal vervoer vir die atlete na Oshakati en terug na hul onderskeie streke verskaf.”
Volgens Kasheeta het Consulting Services Africa N$40 000 as hoofborg beskikbaar gestel, terwyl Namibia College of Open Learning in Ongwediva, Nexus, Namibia Dairies, KA Brown Surgery, ENH Civilian asook M&M Caterers die kompetisie sal ondersteun.
Mnr. Temus Kamati, voorsitter van die Heroes-klub, sê Oshana is die heersende kampioen van die byeenkoms, wat beslis ’n uitdaging aan die ander streke rig.
Mnr. Clemens Kashuupulwa, goewerneur van die Oshanastreek, sal Saterdagoggend die verrigtinge open voordat die atlete op die baan en veld losgelaat word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!