Gesoek deur die polisie
Augetto Graig
Die Namibiese polisie se ondersoekeenheid vir ernstige misdaad vra die publiek se hulp om drie verdagtes op te spoor wat verlede Dinsdag uit die polisie se aanhoudingselle op Gobabis ontsnap het.
Volgens inspekteur Slogan Matheus is mnre. Bernardus Kariseb (36), Hermanus Goagoseb (36) en Essegiel Vos (18) gewapen en gevaarlik. Die publiek is dus gevra om dié mans nie self te probeer vastrek nie, maar om inligting eerder aan die polisie op Gobabis of enige polisiekantoor te verskaf. Alternatief kan lede van die publiek ook vir speurhoofinspekteur Jantjies by 062 566 151 of op sy selfoon by 081 622 3400 kontak.
Kariseb en Goagoseb moet elk in verband met klagte van huisbraak, diefstal en motordiefstal in die hof verskyn. Vos is op ’n klag van verkragting aangehou. Die polisie vermoed hulle skuil iewers in die Omahekestreek, maar hulle kan ook elders in die land wees.
Terselfdertyd is Nampol ook op soek na mnr. Amon Mwaetako, wat in 2013 ’n getuie van ’n moord in Oshitenda was. Die saaknommer is CR 438/02/2013. Mwaetako is Oshiwambo-sprekend en het voorheen in Matshitshistraat 451 naby die Goreangabdam in Katutura gebly. Hy, of enige iemand met inligting oor waar hy hom bevind, word versoek om speurinspekteur Ndikoma by 081 260 8435 of speursersant Ndokosho by 081 233 7366 te skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie