Gesin verloor al hul besittings in brand
Maria Eiseb - ’n Enkelma en haar vier kinders het niks oor nadat die sinkhuis in die agterplaas van die huis in Katutura waar hulle woon, gister omstreeks 09:00 afgebrand het.
Me. Julien ||Gases sê sy gebruik nie kerse of lampe wat die brand kon veroorsaak het nie. Sy het ’n elektriese kabel wat sy van die hoofhuis na haar sinkhuis aangelê het om krag te kry.
||Gases sê sy was by die werk toe iemand haar bel en van die brand vertel. Sy het onmiddellik teruggekeer, maar toe sy by die huis kom, was alles vernietig. Die bure het met emmers en tuinslange probeer om die vuur te blus, maar niks kon gered word nie, het sy gesê.
“Ons het net die klere wat ons aan het; die kinders se skoolboeke en skoolklere het ook uitgebrand,” sê sy. Volgens ||Gases is haar meubels wat sy kontant gekoop het, ook nie verseker nie.
Sy maak ’n ekstra inkomste deur skaapkoppe te skraap en te verkoop en sowat N$1 000 van daardie geld het ook in vlamme opgegaan.
Die elektrisiteit in die hoofhuis het die oggend ’n paar keer afgeslaan en die mense kon nie verstaan waarom dit gebeur nie. Hulle het vlamme by die sinkhuis opgemerk toe hulle na buite gaan, het sy gesê.
Volgens mnr. Emmanuel Tsowaseb van die brandweer kon hulle nog nie vasstel wat die oorsaak van die brand was nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie