Geen ander heenkome
Tanja Bause - 'n Jong werklose vrou en haar eenjarige dogter het noodgedwonge 'n openbare toilet in 'n speelpark in Windhoek hul tuiste gemaak.
Die 28-jarige Sara (skuilnaam) het twee jaar gelede op die sementvloer van die ingang van die toilet en stort gesit en slaap, toe ouma Kalista Gawanas op haar afkom.
“Ouma het vir my gesê ek kan in die toilet en stort intrek en daar slaap om uit die wind en weer te kom," vertel Sara.
Nadat sy albei haar ouers verloor het, het Sara by haar tannie ingetrek. Wrywing tussen die twee het egter veroorsaak dat Sara se tannie haar gevra het om weg te trek en het sy in die speelpark beland.
“My tannie sorg vir my sesjarige dogter en my oom aan my pa se kant sorg vir my tweejarige seun. My baba wil ek self grootmaak en die omstandighede is bietjie swaar. As ek werk as 'n huishulp kan kry, dan kan ek vir ons sorg.”
Sara kry soms geld van mense wat hul inkopies by 'n nabygeleë inkoopsentrum doen. Volgens haar is dit nie baie nie, maar kan sy melk en doeke vir die baba koop.
Saam met Sara het nog drie mans in die speelpark gewoon, maar Sondag het die buurtwag die park skoongemaak en die mans het vir hulle ander blyplek gaan soek.
“Ek kan nie trek nie. Ek het nie familie na wie toe ek kan gaan nie, ek het ook nie werk om vir 'n blyplek te kan betaal nie en al my aardse besittings pas in die kamer. Waarheen moet ek gaan? Ek is 'n vrou met 'n baba. Ek kan nie onder 'n brug gaan slaap nie, want sal nie vir een van ons veilig wees nie. Hier kan ek die deur snags toemaak en ons is veilig,” het Sara gesê.
Volgens haar is haar grootste droom om 'n sinkhuis van haar eie te besit waarin sy en haar dogter kan bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie