Ernst u2018leef u00e9n sterf met passieu2019
Ernst u2018leef u00e9n sterf met passieu2019

Ernst ‘leef én sterf met passie’

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - “Ernst van Biljon het gekies om met passie te lewe én te sterwe.”
Dit was die afskeidswoorde van me. Retha-Louise Malherbe Hofmeyr, kollega en familievriendin van die internasionaal-bekende koorleier­ en -dirigent, wyle mnr. Ernst Johannes­ van Biljon, op sy roudiens Vrydag in die Christuskirche in die hoofstad.
“Die Van Biljons se huis was vol liefde en hy en Valerie was groter as die lewe,” het Malherbe Hofmeyr gesê.
In die Christuskirche met sy uitstekende akoestiek, het koor­lede van heinde en verre, selfs van oorsee, spontaan vóór die roudiens begin saam sing terwyl op sy familielede gewag is.
“Die koor is ’n ruiker vol blomme. Elke koorlid is spesiaal deur Ernst gepluk,” het Malherbe Hofmeyr gesê.
Sy was Van Biljon se kollega by die destydse SWABC toe hy die hoof van musiek was en hy ’n reuse­bydrae tot die kulturele erfenis van die land gemaak het: “Ernst het harmonie bevorder en die eerste veelrassige koor, Cantare Audire, gestig. Hy was ’n perfeksio­nis in musikale standaarde.”
Pastoor Eben Greeff het gesê musiek is ’n gedenkteken van Van Biljon se nalatenskap.
“Vandag is ’n dubbele viering van hartseer” omdat die Van Biljons “soveel mense aangeraak en diep spore in ons harte gelos het”.
Me. Lydia Auala, ’n goeie vriendin en lid van die koorfamilie, het ook benadruk dat passie vir Van Biljon aan die gang gehou het en mens­likheid een van sy kenmerke was.
“Ek het altyd gedink die gees van ubuntu is net op swartmense­ van toepassing, maar Ernst het kinders uit Katutura en Khomasdal in kore laat sing,” het Auala gesê.
“Sy vriendskap het verder as kleur, ouderdom of tyd gestrek.”
Auala het vertel dat Van Biljon vir koorlede baie “eerstes” gebring het, soos “die eerste keer op ’n vliegtuig, oorsee en sing op internasionale platforms, maar baie van ons het vir die eerste keer gesing”.
Auala hom in een sin opgesom: “Jy het gegee.”
Van Biljon se toepassing van dissipline en hoë musikale standaarde is geprys: “Ernst het vir ons geleer mislukking is nooit ’n opsie nie; dit is ’n keuse.”
Van Biljon word deur sy dogter, Heini, sy seun, Neal, en sy kleinkinders, Fae, Eden and Aeon, oorleef. Van Biljon, wat op 19 Julie 73 jaar oud sou word, se liggaam is Vrydagoggend 1 Julie deur Heini in sy huis in Windhoek gevind nadat hy tydens die nag sy eie lewe geneem het. Sy vrou, Valerie, wat ewe bekend was in musiekkringe in die land, is verlede jaar oorlede. Van Biljon het volgens sy familie gesukkel om haar dood te verwerk en het aan depressie gely.
Neal het sy pa se kis gedra saam met mnre. Rolf Hansen, Deon Pretorius, Johan Pieterse, Wolfgang Henckert en Joe Oosthuizen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!