Ekonomie wankel erg
Ekonomie wankel erg

Ekonomie wankel erg

Swakste groei in drie jaar
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Vir die eerste keer in sowat drie jaar was Namibië se ekonomie in die tweede kwartaal in negatiewe groei gedompel.
Syfers wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon die land se bruto binnelandse produk (BBP) het vanaf April tot Junie op ’n jaargrondslag met 1,2% ingekrimp. Dit is in skrille kontras met die tweede kwartaal in 2015 toe die ekonomie met 7% gebult het en ’n beduidende afname van die 3,4% in die eerste drie maande vanjaar.
Die ekonomie was laas in eerste kwartaal van 2013 in só ’n penarie toe groei -3% was. Sou die ekonomie in die huidige kwartaal ook inkrimp, sal Namibië tegnies in ’n resessie wees – ’n situasie waarin die land homself laas in die eerste helfte van 2009 bevind het.
Die jongste NSA-data toon die slagting in landbou en bosbou duur onverpoosd voort. Dié sektor het die afgelope kwartaal vir die sesde opeenvolgende kwartaal ingekrimp. Die laaste keer toe landbou vir só lank in negatiewe groei vasgevang was, was die hele 2008 en die eerste helfte van 2009.
Landbou het die afgelope kwartaal met -5,2% gegroei – weliswaar op papier minder as die -18,6% van dieselfde kwartaal in 2015 en die -14,2% van die eerste kwartaal vanjaar. Die voortdurende droogte en onsekerheid oor strenger invoerregulasies van Suid-Afrika het groei in die sektor gekniehalter.
Konstruksie het gesteier en met -19,9% gegroei teenoor 37,7% in die tweede kwartaal van 2015 en 0,2% in die eerste kwartaal van 2016. Dit is die eerste keer sedert die tweede kwartaal van 2010 dat dié sektor inkrimp. Data in die jongste NSA-verslag strek net tot 2008 en toon dat konstruksie se vertoning die afgelope kwartaal die swakste op dié rekord is.
Ná verligting in die eerste kwartaal was mynbou die afgelope kwartaal opnuut terug in die rooi. Dié sektor het met -13,2% gegroei vergeleke met 6,8% in die eerste drie maande van 2016. In die tweede kwartaal verlede jaar het mynbou met -5,9% gegroei. Die jongste vertoning is die swakste sedert die derde kwartaal van 2014.
Diamante was die oorsaak vir die glanslose syfers. Dié subsektor het met 30,8% ingekrimp teenoor 12,1% in die tweede kwartaal van 2015. Diamantproduksie die afgelope kwartaal was 31,5% laer as in dieselfde tydperk verlede jaar.
Hotelle en restaurante, wat as ’n maatstaf vir die stand van toerisme gebruik word, het in die kwartaal onder oorsig met -15,5% gegroei, die grootste inkrimping sedert die eerste kwartaal van 2009. In die eerste drie maande vanjaar het dié sektor met 0,2% gegroei en in die tweede kwartaal in 2015 met 6,2%.
In die afgelope kwartaal het die aantal bed- en kamernagte wat verkoop is, elk met sowat 14% ingekrimp. Rekordsyfers vir kamerbesetting in Augustus sal toerisme se vertoning in die derde kwartaal vanjaar hopelik ’n hupstoot gee.
Vervaardiging het die afgelope kwartaal met -9,4% gegroei teenoor 5,6% die vorige een en -2,9% in die tweede kwartaal in 2015. Inkrimpings in die verwerking van nie-ysterhoudende metale, asook die vervaardiging van drank- en graanprodukte was die oorsaak vir dié negatiewe groei.
Die regering wat sy bestedingsrieme dunner gesny het, het tot groei van -2,9% in die sektor vir staatsadministrasie gelei. In die eerste kwartaal was dié syfer 7,9% en in die ooreenstemmende kwartaal in 2015 was dit 15,8%.
Groei in ander sektore was: Visserye 3,3% (tweede kwartaal 2015: 3,9%); groot- en kleinhandel 9,6% (2015: 12,1%); elektrisiteit en water 25,7% (2015: 13,9%); en vervoer en kommunikasie 3,5% (2015: 7,7%).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!