Einde van malaria teen 2030
Einde van malaria teen 2030

Einde van malaria teen 2030

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Namibië is een van verskeie Afrika­lande wat as deel van die Afrikaleiers Malaria-alliansie (ALMA) ’n padkaart aanvaar het om malaria teen 2030 in Afrika uit te wis.
Die katalistiese raamwerk om vigs en TB te beëindig en malaria in Afrika teen 2030 uit te wis, is by die 27ste beraad van die Afrika-unie (AU) in Kigali goedgekeur. Die raamwerk bied riglyne om “die voorkoms van malaria en gevolglike sterftes uit te wis en die oordrag en die hervestiging daarvan in alle lande teen 2030 te voorkom”.
Namibië het tussen 2001 en 2015 die aantal malariagevalle met 98% verminder, terwyl die aantal sterftes as gevolg van die siekte met 95% afgeneem het. As deel van Malaria Uitwissing 8 (E8) en as een van nege Afrika-lande wat sy millenniumontwikkelingsdoelwit (MDG) vir malaria behaal het, het die land ’n belangrike rol om in ’n gekoördineerde streekstrategie toe te pas.
Die huidige voorsitter van die AU, president Idriss Déby Itno, Tsjaad, AIDS Watch Africa en ALMA het ’n beroep op leiers gedoen om pogings te versterk om huidige skenkersgeld te volhou en plaaslike hulpbronne te verhoog om die sukses van die padkaart, sowel as die implementering te verseker van innoverende gesondheidoplossings om malaria uit te wis.
“Afrika-leiers het vandag hul toe­wyding gewys in die stryd teen malaria, MIV/vigs en TB deur die raamwerk met sy duidelike doelwitte en mylpale te aanvaar. Deur middel van ons voortgesette leier­skap en toenemende samewerking om lewensreddende anti-malaria ingrypings te finansier en te verskaf, kan ons die momentum volhou en ’n malaria-, MIV/vigs- en TB-vrye Afrika verseker,”­ het Itno gesê.
Sedert 2000 het die sterftesyfers in Afrika weens malaria met 66% onder alle ouderdomsgroepe en met 71% onder kinders onder die ouderdom van vyf jaar gedaal. Jaarlikse malaria­sterftes in Afrika het van ’n beraamde 764 000 in 2000 to 395 000 in 2015 afgeneem.
Tog bly malaria een van die grootste oorsake van sterftes onders swanger vroue en kinders onder die ouderdom van vyf jaar.
ALMA, ’n sterk koalisie van 49 staatshoofde en regerings, het sedert sy ontstaan in 2009 onverpoosd gewerk om malaria hoog op die nasionale en internasionale ontwikkelingsagenda te hou.
“Afrika-leierskap is ons kragtigste wapen in die oorlog teen malaria,” het me. Joy Phumaphi, ALMA se uitvoerende­ sekretaresse gesê.
“Deur opnuut hul toewyding tot die stryd teen malaria te toon, sowel as ’n raamwerk goed te keur wat ons daar sal kry, het Afrika-leiers ons ’n tree nader gebring om Afrika vry van malaria te maak.”
Namibië het tesame met ander staatshoofde onderneem om sy volle ondersteuning te gee en te voldoen aan die vereistes van die Afrika Sentrums vir Siektebeheer en -voor­koming,­ sowel as die Internasionale Gesondheidsregulasies wat op verbeterde gehalte dataversameling en -ontleding fokus.
Tydens die beraad is voorts ’n beroep gedoen vir die verhoogde implementering van die Farmaseutiese Vervaardigingsplan vir Afrika, met ’n verhoogde fokus op die verbetering van die kwaliteit van plaaslike vervaardigde kommoditeite, sowel as toegang en bekostigbaarheid. Die belangrikheid van plaaslike vervaardiging in elke substreek as ’n sleutel tot verbeterde gesondheidsdienste sowel as die skep van werkgeleenthede, is voorts beklemtoon.
Die goedgekeurde raamwerk stel duidelike doelwitte aan vastelande­ ten opsigte van MIV/vigs, TB en malaria en fokus onder meer op leier­skap, finansiële en politieke verbintenis en gelyke toegang tot gesondheidsdienste vir weerlose en afgeleë bevolkings. Dit lig voorts mylpale en doelwitte uit om die voorkoms van malaria en sterftesyfers teen 2020 met ten minste 40% en teen 2025 met 75% te verminder.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041