Eerste reu00ebndruppels val
Eerste reu00ebndruppels val

Eerste reëndruppels val

Neutrale weerstoestande toestande kan heers
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Weerkenners meen dat die kans groter is dat neutrale weerstoestande tydens die komende reënseisoen sal heers en dat die moontlikheid dat die La Niña-weerverskynsel gaan ontwikkel, skraler geword het.
Verskeie weermodelle dui nou aan dat weerstoestande tydens die komende lente en somer tussen neutraal en La Niña-toestande op die skaal gaan vestig.
Volgens ‘n uitkykstatus wat op 8 September deur die Amerikaanse Weervoorspellingsentrum en die internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing uitgereik is, is omstandighede gunstig daarvoor dat neutrale ENSO-toestande gaan ontwikkel. ENSO staan vir die El Niño Suidelike Ossilasie klimaatspatroon.
Die kanse dat neutrale weersomstandighede tussen September en Maart sal heers, is tussen 56% en 58%, terwyl slegs ’n 30% tot 41% kans is dat La Niña in die tyd kan ontwikkel. Die kanse op die ontwikkeling van nog ’n El Niño-weerverskynsel tot in Maart vanjaar, is baie swak.
Kenners sê La Niña lei gewoonlik tot natter as normale weeromstandighede van Desember tot Februarie in Suider-Afrika.
Dit volg nadat ENSO-neutrale toestande oor die afgelope maand geheers het, waartydens die oppervlak-seetemperature in die Stille Oseaan effe laer as normaal was, terwyl die temperatuur van lae vlak winde normaal was.
In Junie vanjaar het dieselfde weerkenners gemeen die kanse is 75% dat ’n swak tot matige La Niña teen die einde van 2016 kan ontwikkel. Dié uitkykstatusse word maandeliks uitgereik wanneer toestande vir die ontwikkeling van U329; La Niña- of El Niño-weerverskynsel binne die volgende ses maande gunstig is. In Augustus is hierdie persentasie aangepas na ’n 55% tot 60% kans dat dit tussen September en Februarie sou ontwikkel.
Kenners sê sedert die middel van Mei het die oppervlaktemperatuur van die Stille Oseaan gedaal en ‘n neutrale vlak bereik, wat die einde van die El Niño-weerverskyning beteken het. In Julie en teen middel-Augustus het dit tot bykans -0,5°C gedaal.
Die wetenskaplikes het vroeër gesê die kans op ‘n sterk La Niña verhoog egter ná ‘n sterk El Niño, soos die een wat tydens die 2015-’16 reënseisoen voorgekom het. Dit volg nadat die El Niño-weerverskynsel van 2015-’16 in Desember verklaar is as die sterkste van sy soort wat ooit aangeteken is en tot die grootste droogte in Suider-Afrika op rekord gelei het. Dit het selfs die 1997-’98-verskynsel oortref.
Die volgende ENSO-bespreking sal op 13 Oktober plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!