Een stem vir renosters
Een stem vir renosters

Een stem vir renosters

Wêreldrenosterdag op 22 ­September gevier
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Wêreldrenosterdag word op Donderdag 22 September gevier. Op daardie dag gaan Namibiërs met ’n spesiale bewusmakingsveldtog ter ondersteuning van renosterbewaring en teen stropery soos een man verenig. Die veldtog word deur die Red die Renosterfonds van stapel gestuur.
Namibië, die enigste land waar vrylopende swartrenosters voorkom, is die afgelope paar jare die slagoffer van internasionale sindikate wat die land se renosters afmaai.
“Namibiërs uit alle kringe gaan hul stemme verhef, verenig en sê red ons renosters,” lui ’n verklaring van die SRT.
“Ons doelwit is om inligting te deel en bewustheid van renosterbewaring landwyd te skep.”
Die bekende Namibiese kunstenaar, Elemotho, en sy orkeslede Tayo, Kali, Piu en Samuel werk saam met sangers Oteya, Esme “Songbird” en kletsrymer Meta aan ’n oorspronklike liedjie “Stand Together” wat die temalied sal wees om renosters te red.
Hierdie liedjie sal op Wêreldrenosterdag en vir die eerste keer in Namibië as ’n bewaringslied bekend gestel word. Volgens SRT sal die liedjie beskikbaar wees om afgelaai te word of te koop wees op gewilde aanlyn media en in sekere winkels.
“Namibiërs en die wêreld sal toegang tot die liedjie kry en deelneem aan die veldtog by www.staytoday.com.na/give. Net as ons almal saamwerk, kan ons ’n nasionale stem skep om die wêreld se laaste vrylopende swartrenosterbevolking te beskerm,” sê SRT.
SRT het ook verskeie oudio- en oudivisuele stukke tussen 10 en 60 sekondes van bekende Namibiërs, onder andere die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Dilish Matthews, Amos Shiyuka, sakeman mnr. Sven Thieme en die uitvoerende hoof van SRT, mnr. Simson Uri-Khob, geskep.

MINISTER SE BOODSKAP
Shifeta sê sy ministerie het ’n nasionale strategie oor wildbeskerming en wetstoepassing in samewerking met die ministeries van veiligheid en sekuriteit; verdediging; justisie; die kantoor van die aanklaer-generaal en die nasionale intelligensiediens ontwikkel.
’n Ontleding van stropery is ook in die Etosha Nasionale Park, die Palmwag-toerismekonsessiegebied en Bwabwata Nasionale Park gedoen wat die gebiede is wat die meeste deur stropery beïnvloed word.
Voorts het die ministerie van die omgewing en toerisme ’n helikopter vir teenstropery ingespan en lede van die polisie en weermag is in weerlose gebiede ontplooi.
Hierdie offisiere en die ministerie se personeel het ook opleiding in teenstropery-taktiek ontvang, sê die minister.
“Met die steun van die kantoor van die eerste minister is 495 bykomende poste geskep om ’n toegewyde wildbeskermingsdiens te vestig en werwing het reeds begin,” het Shifeta gesê.
Voorst word huidige wette hersien om boete en strawwe vir stropery en ander verwante oortredinge te verhoog.
“Ons het ook gesprekke met ondersoekbeamptes, aanklaers en regslui gehad om hulle sensitief te maak rakende borgtog vir beskuldigdes,” het die minister gesê.
Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om enige verdagte aktiwiteite rakende renoserstropery aan die ministerie of die polisie te rapporteer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!