Ecclestone se skoonma ontvoer; losprys geëis
Ontvoerders in Brasilië eis ’n losprys van $36,5 miljoen (sowat N$525 miljoen) vir die vrylating van die F1-grootbaas, Bernie Ecclestone, se skoonma.
Die Brasiliaanse tydskrif Veja berig dat Aparecida Schunck (67), ma van Ecclestone se derde vrou, Fabiana Flosi, Vrydag ontvoer is in die omgewing van Interlagos in Sao Paulo.
Geen verdere inligting is bekend nie en die plaaslike polisie het nie die berig oor die ontvoering bevestig nie.
Die Olimpiese Spele begin volgende week.
Bron: Sport24/BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie