Duitsland oor die vingers getik

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die Duitse afvaardiging in die onderhandelinge oor die volksmoord het, in teenstelling met die ooreenkoms met hul Namibiese eweknieë, hul onderhandelingsposisie in die media gedeel, sê Staatshuis.
In reaksie hierop het Staatshuis ’n verklaring uitgereik waarin die Duitse onderhandelaars oor die vingers getik word en ’n ernstige waarskuwing gerig word.
“Die posisie hou verband met Duitsland se uitgangspunt oor die kwessie van vergoeding, waarvolgens Duitsland volhou dat geen reparasies betaal sal word nie behalwe vir die totstandkoming van ’n forum vir die toekoms.
Dit is ook duidelik dat Duitsland daarop aandring om die onderhandelinge te verhaas omdat hulle ’n verkiesing in die nabye toekoms in hulle land tegemoet gaan. Gevolglik wil hulle nie gyse­laar gehou word aan ’n sperdatum alvorens die onderhandelinge begin het nie.
“Namibië neem ernstige­ aanstoot oor hierdie onwelkome benadering tot sulke delikate besprekings en doen ’n beroep op die verteenwoordiger van die Duitse regering om respek en welwillendheid aan die Namibiese eweknieë te betoon.
“Sodanige verklarings in die media van vooropgestelde posisies, voor die onderhandelinge nog begin het, hou niks goeds vir toekomstige bilaterale betrekkinge tussen die twee lande in nie,” lui die verklaring van Staatshuis.
’n Beroep is op die Duitse afvaardiging gedoen om toe te laat vir die onderhandelinge om te begin en tot ’n logiese slotsom te hom. “Indien misluk word om hierdie prosesse­ met die nodige sorg te bestuur, sal dit enige kanse van welslae in die wiele ry en die geskiedenis sal nie vleiend wees oor hoe ons deur toekoms­tige geslagte bejeën sal word nie.”
“Die tyd het aangebreek om die tempo te versnel ten einde die lelike hoofstuk van die 1904 tot 1908 volksmoord van die Nama- en Ovaherero mense so spoedig moont­lik af te sluit as lande wat ’n spesiale en unieke band het.”
In die verklaring van Staatshuis, wat ná afloop van die spesiale Duitse gesant, mnr. Ruprecht Polenz, se besoek aan pres. Hage Geingob, uit­gereik is, word dit ook duidelik gemaak dat Duitsland en Namibië ’n gemeen­skaplike vertolking sal nastreef om “hierdie geskiedkundige steen des aanstoots op die mensdom se gewete” op te los.
Volgens die verklaring sal die onderhandelinge oor die die sleuelvraagstukke van die volksmoord, naamlik verskoning en vergoeding, in alle erns tussen twee gelyke vennote begin en nie een van die partye sal as ’n mindere geag word nie.
Ná afloop van die onderhandelinge en nadat konsensus bereik is, sal dit aan die kabinette en parlemente van die onder­skeie lande vir goedkeuring voorgelê word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!