DTA bekommerd oor gehalte van voedselbystand
DTA bekommerd oor gehalte van voedselbystand

DTA bekommerd oor gehalte van voedselbystand

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die DTA het die voedselhulp wat die regering aan behoeftige Namibiërs verskaf, verwelkom, maar terselfdertyd die gehalte daarvan betreur.
Dit is veral mieliemeel, wat volgens die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, met wurms besmet is of doodeenvoudig “verrot” is, wat ’n bron van kommer is.
Die DTA steun die instelling van voedselbanke, maar meen dit is krities noodsaaklik om die dieëtkundige balans van die voedsel wat versprei word, te verbeter deur vet, proteïne en suiker by die voedselpakkies in te sluit.
“Berigte dat kos in regeringstore gelos word om te verrot, is kommerwekkend. Daar is ’n gebrek aan dringendheid om hierdie voorkombare vermorsing te voorkom. Hierbenewens is daar ’n behoefte om die kriteria vir die toekenning van kos te hersien omdat daar onregverdiglik teen jongmense gediskrimineer word. Baie van hulle is werkloos en hulle is dus net so of selfs meer behoeftig as bejaardes. Ek doen dus ’n beroep op die kantoor van die eerste minister om as ’n saak van dringendheid die kriteria vir diegene wat voordeel uit die droogte voedselhulp trek, te hersien sodat jongmense ook vir bystand oorweeg kan word,” het Venaani in ’n verklaring gesê.
Hy sê die voortslepende droogte gaan voort om ’n negatiewe impak op voedselveiligheid in die land te hê. Die DTA stel gevolglik voor dat ’n skema vir voedseltoekenning op plaas­like owerheidsvlak ingestel word. Dit sluit ook ’n inisiatief in om grond beskikbaar te stel vir gemeenskappe en nedersettings om groentetuine te begin. Volgens Venaani sal dit bydra om plaaslike ekonomiese groei te stimuleer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!