Droogte laat besigheid floreer
Tanja Bause - Me. Lavinia Shigwetha doen vir die afgelope ses jaar langs Hosea Kutakorylaan in die noordelike nywerheidsgebied besigheid deur peule en gras wat sy versamel en verpak het, te verkoop.
Volgens haar is besigheid op die oomblik baie goed weens die droogte met boere wat voer vir hul diere soek. Shigwetha en haar vennoot, me. Ndatelela Sakeus, daag elke oggend om agtuur by hul staanplek op. Hulle gaan haal dan die sakke peule en grasbondels wat hulle die vorige aand versteek het en dra dit na die kant van die pad waar dit verkoop word. Hulle maak beurte om te verkoop en om bos toe te gaan en nuwe peule te versamel wanneer die voorraad min word.
“Ek gaan bos toe en versamel twee tipe peule. Wanneer ek genoeg bymekaar gemaak het, vervoer ek dit met ’n taxi na ons verkoopplek. Hier word die peule in sakke verpak en verkoop,” het Shigwetha gesê.
Die klein sakke kos N$20 terwyl die grotes teen N$30 verkoop word. ’n Bondel gras kos N$5.
Huidig is daar ses mense wat in die straat peule en gras verkoop. Die meeste verkopers staan op die B1-hoofpad na Okahandja.
“Ons het besluit om hier besigheid te doen, want hier is minder verkopers, al beteken dit dat ons elke oggend en aand baie verder huis toe moet stap,” het Shigwetha bygevoeg.
Sy het vier kinders en woon in die Okahandjapark informele nedersetting. Sakeus het agt kinders en bly in die One Nation informale nedersetting. Beide vroue ondersteun, voed en klee hul kinders met die inkomste wat hulle uit die verkope maak.
“Ons loop soms baie ver om die peule te versamel. Die gras word in die veld gesny en dan loop ons met dit op ons koppe tot hier, want die gras kan nie met die taxi vervoer word nie. Ons staan elke dag hier langs die pad en ons trotseer die weer, maar ons steel of bedel nie,” het Shigwetha met trots gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie