Drie vermeende renosterstropers bly agter tralies
Drie vermeende renosterstropers bly agter tralies

Drie vermeende renosterstropers bly agter tralies

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die drie vermeende renosterstropers wat Vrydagaand met drie horings in hul besit tussen Otavi en Outjo betrap is, bly in aanhouding.
Dié drie mans van Opuwo, mnre. Tjihange Japyangula, Tjingee Kaukamburua en Tjambira Paulus, het gister in die landdroshof op Otavi op twee klagte van die onwettige jag van spesiaal-beskermde wild en die onwettige besit van beheerde wildprodukte verskyn.
Die saak is tot 13 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel, asook vir hulle om aansoek om regshulp te doen.
Dié drie is Vrydagaand by ’n padblokkade op die grondpad tussen Otavi en Outjo met drie vars renosterhorings in hul besit betrap.
Volgens die woorvoerder van die polisie in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het die polisie omstreeks 21:00 drie mans van Opuwo by ’n mobiele padblokkade sowat 40 km wes van Otavi op die grondpad tussen dié Noordedorp en Outjo in hegtenis geneem. Drie renosterhorings (twee grotes en een kleintjie) is in hul besit gevind.
Mbeha sê ’n dubbelkajuitbakkie het sowat 100 meter van die padblokkade tot stilstand gekom. “Die polisie het na die bakkie gery en beveel dat deur die padblokkade beweeg moet word, maar hulle het deur die padblokkade gejaag,” het Mbeha gesê.
“Hulle het ’n blou sak by die voertuig uitgegooi toe die polisie die voertuig ná die padblokkade tot stilstand kon bring. Twee van die vyf insittendes het uitgespring en die bosse in gevlug.”
Volgens Mbeha is die drie mans wat in die bakkie bly sit het, van wie een die bestuurder is, in hegtenis geneem. Die ander twee was gister teen druktyd nog op vrye voet.
“Die polisie vermoed dat hulle pas van ’n renosterstropery teruggekeer het met die horings wat steeds vars was. In hul besit is ook ’n tent, komberse, water, blikkieskos, sewe patrone vir ’n 303-jaggeweer en ’n gelaaide 9 mm-pistool gevind,” het Mbeha gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!