Draaier was weer die topspeler

Andrew Poolman
Andrew Poolman - Vir die tweede seisoen op ’n streep is Bernard Scholtz as speler van die seisoen aangewys toe Krieket Namibië die naweek sy jaareindfunksie aangebied het.
Die 25-jarige linkerarm draaibouler se aandele as waarskynlik die land se mees waardevolle speler het nie eens gedaal toe hy in die tweede helfte van die seisoen siek geword het en gevolglik ’n belangrike toer na Indië misgeloop het nie. Sy totaal van 59 paaltjies in elke formaat van die spel was verreweg die giftigste bydrae vir die nasionale span.
Stephen Baard, die 24-jarige kaptein van die Eagles, is as die spelers se speler van die seisoen vereer. Die aanvangskolwer het ’n gesamentlike 1 367 lopies in die drie formate van die spel aangeteken.
Soos verwag kon word, is by die spogfunksie by Hilton Hotel ook redelike bohaai gemaak oor die prestasie van die Namibiese o.19-span by die junior Wêreldbeker vroeër vanjaar. Hul oorwinning wat die verdedigende kampioen Suid-Afrika uitgeskakel het, het wêreldwyd opslae gemaak.
Die jongspan onder kapteinskap van Zane Green het nie net hoër as drie lande met toetsstatus (Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Zimbabwe) asook die ontluikende Afganistan, Nepal, Ierland en Skotland klaargemaak nie. Hulle het ook regstreeks die land se plek by die 2018-toernooi in Nieu-Seeland verseker, sonder dat deelname aan ’n kwalifiserende byeenkoms nodig is.
Dit was dus geen verrassing toe die o.19’s met die “Gees van krieket” toekenning bekroon is nie, terwyl hul afrigter Norbert Manyande ook die logiese keuse in dié kategorie was.
Lo-han Louwrens se volwasse bydraes met die kolf het sy prys as o.17-kolwer van die jaar verseker, terwyl Fritz Coetzee die topspeler op o.19-vlak was. Geen bouler by die junior Wêreldbekertoernooi in Bangladesj het meer paaltjies as die belowende Swakopmunder se 15 geneem nie. Sy beste vertoning was die deurslaggewende 3/16 teen die Jong Proteas.
• Nadat Louis Klazinga gedurende die afgelope seisoen sy uittrede aangekondig het, het hy Saterdagaand ’n eretoekenning van Krieket Namibië in ontvangs geneem.
’n Knaende rugbesering het op 29 jaar ’n einde gebring aan die loopbaan van die openingsbouler wat sy land sedert 2006 in altesame 135 wedstryde verteenwoordig het.
In die 2007-2008 seisoen is hy na afloop van die Interkontinentale Beker vierdagreeks in die “span van die toernooi” ingesluit.

INDIVIDUELE WENNERS
Ander toekennings van die aand vir individuele prestasies was soos volg:
Veldopsigter van die jaar: Gerson Nambahu.
Tellinghouer van die jaar: Francia Zealand.
Skeidsregter van die jaar: Herman Narubeb.
Administrateur van die jaar: Christo van Zyl (voorsitter van WHS Old Boys).
Onder 13-speler van die jaar: Ramon Wilmot (Windhoek Gimnasium / CCD Tigers).
Onder 15-speler van die jaar: Nicol Loftie-Eaton (Paul Roos Gimnasium).
Meisies ontwikkelingspeler van die jaar: Victoria Hamunyela (Kuisebmond, Walvisbaai).
Meisies junior speler van die jaar: Arrasta Diergaardt (Concordia / Zebras).
Meisies onder 19-speler van die jaar: Yasmeen Khan (Windhoek Affies / Zebras).
Vroue senior speler van die jaar: Irene van Zyl (Zebras en kaptein van Namibië).
Kwata administrateur van die jaar: Justus Hangula (Blue Waters).
Kwata skool van die jaar: Primêre Skool !Nara (Kuisebmond, Walvisbaai).
Ontwikkelingsbeampte van die jaar: Vernon Cloete.

LIGAWENNERS
Die wenners van die onderskeie ligas in die afgelope seisoen was:
Three Ships Whisky T20-liga
Tweede liga: WHS Old Boys (N$7 000).
Eerste liga, kus: Blue Waters (N$10 000).
Eerste liga, sentraal: Zebras I (N$10 000).
Premierliga: Wanderers I (N$30 000).
Vroueliga: Zebras (N$7 000).
Three Ships Whisky 50-boulbeurt liga
Tweede liga (30 boulbeurte): Mariental (N$10 000).
Eerste liga, kus: Junior Coastal Cricket Academy (JCCA, N$15 000).
Eerste liga, sentraal: Wanderers II (N$15 000).
Premierliga: Wanderers I (N$40 000).
Vroueliga: Zebras (N$10 000).

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%