Dawie Leibbrandt sterf ná beroerte
Windhoek se onderwysersgemeenskap is in rou gedompel ná die dood van mnr. Dawie Leibbrandt (44), hoof van die Laerskool St. George’s, Vrydagaand in ’n hospitaal in Suid-Afrika.
Leibbrandt het die vorige Saterdagoggend ’n isgemiese beroerte gehad terwyl hy in Pietermaritzburg ’n skolekonferensie by Maritzburg Kollege bygewoon het. Dit is wanneer die bloedtoevoer na ’n sekere deel van die brein afgesny word.
Hoewel hy dadelik na ’n hospitaal geneem is, het hy nie op die behandeling gereageer nie. Die lewensondersteunende masjiene is toe Vrydag om 22:00 afgeskakel.
Die St. George’s-skool het gister in ’n verklaring gesê: “Die tragiese dood van ’n geliefde leier, kollega, afrigter, vader en vriend” is ’n groot verlies. “Sy nalatenskap as ‘Koning van die Kasteel’, soos een van sy oudleerlinge na hom verwys het, sal altyd onthou word.” Leibbrandt is in Mei 2011 aangestel as die hoof van die Laerskool St. George’s.
“Hy het ’n betekenisvolle bydrae tot die verbetering van die leeromgewing, die skool se toewyding tot sport en ander buitemuurse aktiwiteite, die implementering en handhawing van ’n dissiplinestelsel en die handhawing van hoë onderwysstandaarde gelewer. Hy het ook baie gedoen om die ouers te betrek en hulle ’n integrale deel van die skool se aktiwiteite te maak,” lui die verklaring.
Me. Riëtte Hanekom, skoolhoof van St. George’s, sê hy was “’n waardevolle lid van die skool se bestuur en geliefd as onderwyser en leier vir sy goeie sin vir humor, passie vir onderwys en positiewe energie”.
Leibbrandt en sy gesin het in 2009 uit Engeland na Namibië gekom en hy is as laerskoolonderwyser by Windhoek Gimnasium aangestel.
Me. Colette Rieckert, besturende direkteur van Windhoek Gimnasium, het hom ook as ’n geliefde en gewaardeerde onderwyser beskryf wat ook as rugby- en krieketafrigter menige jong speler se held was. Sy het haar meegevoel met sy familie en vriende betuig.
’n Roudiens word Vrydag om 12:00 in die NG gemeente Eros gehou.
Intussen is die Dawie Leibbrandt Familietrust geskep ter ondersteuning van sy gesin. Mense kan vir mnr. Reho Maartens, lid van die skoolraad, by 061 381 200 of [email protected] kontak indien hulle ’n bydrae wil maak.
Hy laat sy vrou, Celia, en hulle twee jong kinders, Milla en Ludwig, agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie