@DanFromNam ’n al groter superster

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Namibiese son op sy rug en die land en sy mense in sy hart, ’n “cheeky” (beskuit en koffie) en ’n vlymskerp verloop van sy trap al langs die Copacabana en natuurlik die padfiets in die onverwagse tydtoetswedren. Siedaar, die nuwe Twitter-superster alias die Namibiese fietsryer, Dan Craven, twiet en ry hom en sy heimat binne ondersteuners wêreldwyd se harte in.
Dit was sy “legendariese” regstreekse twiets soos “twee minute oor om op te warm. Tyd vir ’n ‘cheeky’ (beskuit in koffie)?”, “Hallo Ma” en “Waar is my buitengewone baard se aerodinamika” wat hom vinnig nuwe volgelinge gegee en tot die internasionale media by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro laat regop sit het.
Met ’n stewige tong in die kies is @DanFromNam se twiets vol humor en dikwels selfspot, soos “ek dink ek het pas gehoor hoe Deense TV sê die eerste ryer in die TT (tydtoetsren) is ‘Wes Craven’” en ’n soos altyd tyd vir ’n beskuit met “ek is hier! Ek is hier! #ruskoclock”.
Van sy plaaslike ondersteuners het gevra vir ’n “wheelie #bonusrusks”, terwyl Craven se spanmaat by die beroepspan van die Israeliese Fietsry-akademie en Mexiko nasionale padfietskampioen oor Namibië se Dan getwiet het “dié ou is net ongelooflik. So trots en geëerd om die Olimpiese ondervinding met hom te kon deel.”
Ander het weer gevra dat sy Namibiese trui in die mark gesit moet word, terwyl ’n volgeling uit Oregon laat weet het Dan se ingesteldheid van “ek gaan dit doen, maak nie saak wat nie” is ’n inspirasie.
Dit terwyl hy die land op die wêreldkaart geplaas het sonder om sy buiging op ’n podium te maak. En hy het boonop ’n onverwagte kans gekry om aan die individuele tydtoetswedren deel te neem. Sonder enige voorbereiding en die regte toerusting. Sê Dan, soos om met ’n “NASCAR vir ’n Formule 1-wedren”, in te skryf.
In ’n onderhoud met USA Today erken hy die antwoord was aanvanklik “nee”, omdat hy bang was vir sy “brose ego” en dit was volgens hom net “belaglik”.
Maar dit ís immers die Olimpiese Spele en hy verteenwoordig steeds sy land voor die hele wêreld. “Wat is ‘cooler’ as dit”?
Hoewel Dan se laaste plek in die tydtoets net genoeg was as die wenner van die houtlepel, was dit soveel meer as wat hy verwag het. Net een jaer is verby hom eindstreep toe.
“Ek was in die tweede posisie toe ek oor die eindstreep is. Dit was ongelooflik!” het hy tipies Dan-styl gespot en erken dit het darem ’n bietjie gehelp om op te maak vir die feit dat hy nie sy “amptelike” padresies Saterdag voltooi het nie.
In die onderhoud maak hy dit soos vele kere vantevore báie duidelik waar sy lojaliteite lê.
“Hier is ek met Namibia wat dwarsoor my bors geskryf staan. Ek is so ’n trotse Namibiër, ek is lief vir my land, vir die kans om dít te kan doen. Ek kan sê ek het aan ’n Olimpiese tydtoets deelgeneem.”
Hy is ook nie soos die meeste professionele jaers nie, skryf VeloNews. Hy is die “glimlaggende, bebaarde, rustige teenpool” tot die “maniese neigings” van elite sport.
“Ek gaan laaste kom, maar daar gaan ’n paar Namibiërs by die huis wees wat sê, ‘ons kán daar wees, dis moontlik’”.
Vir ander professionele jaers kan dit vernederend wees, maar nie vir Nam se Dan nie. En as hy ’n paar wêreldlinge na sy land kan lok, soveel te beter.
Ek het gehoor vir elke 12 toeriste wat Namibië elke jaar besoek, word ’n nuwe werkgeleentheid in die toerismebedryf geskep.
“Elke keer wanneer my naam op Eurosport genoem word, hoeveel mense wat nog nooit van Namibië gehoor het nie, gaan ‘google’ dit. En sê dan ‘ek het nog nooit van hierdie plek gehoor nie, maar dis ongelooflik.’”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!