Damvlakke kommerwekkend laag

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die drie damme wat Sentraal-Namibië en die hoofstad van water voorsien, het nou gesamentlik net 8,7% of 13,476 Mm³ water oor. Tesame met die Friedenau- en Goreangabdam, is sentrale damme die leegste in die land.
Op nasionale vlak het alle damme gesamentlik 28,3% (197,984 Mm³) water oor.
Volgens die jongste damverslag is die Omatakodam heeltemal leeg, met die Von Bachdam wat na raming 8,545 Mm³ water (of 17,6%) oor het en die Swakoppoortdam wat 4,931 Mm³ of 7,8% water hou. Die Friedenaudam het net sowat 0,391 Mm³ (27,2%) water oor en die Goreangabdam is 100% (3,621 Mm³) vol, alhoewel dié dam se water te ernstig besoedel is om as drinkwater te gebruik.
Die Otjiverodam hou tans 36,6% (3,589 Mm³) water, met Otjivero se slikdam wat 2,9% vol is. Die Tilda Viljoen- en Daan Viljoendam hou onderskeidelik 26,1% (0,320 Mm³) en 33,6% (0,144 Mm³) water, wat beteken damme in die Gobabis-omgewing is gesamentlik sowat 22,2% vol.
Die Hardapdam hou steeds die meeste water teen 89,041 Mm³, maar is net 30,2% vol, gevolg deur die Nautedam wat 80,1% vol is en 66,950 Mm³ water hou. Die Oanobdam is 29,6% (10,225 Mm³) vol, terwyl die Dreihuk- en Bondelsdam leeg is. Die Olushandadam is 20,2% vol en hou 8,561 Mm³ water.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!