Daggavrag gebriek
400 kg by Nakop gekonfiskeer
Francoise Steynberg - ’n Vragmotorbestuurder wat sowat N$2 miljoen se dagga oor die grens na Namibië probeer smokkel het, is Woensdagaand by die Nakop-grenspos naby Upington in hegtenis geneem.
Die hoof van die Namibiese polisie se dwelmeenheid, komm. Hermie van Zyl, het gister bevestiging van dié voorval by sy Suid-Afrikaanse eweknieë gekry.
"Namibië is nie meer ’n deurgangsroete vir dwelms nie, maar wel ’n verbruikersland," het Van Zyl aan Republikein gesê.
Die vermoede bestaan dat die dagga van Durban na Namibië onderweg was.
Suid-Afrikaanse polisielede by die grenspos het op 16 sakke met 400 kg se dagga afgekom toe hulle die Suid-Afrikaanse vragmotor en die splinternuwe voertuie wat hy vervoer het, deursoek het, sê die Suid-Afrikaanse polisiewoordvoerder, kapt. Sergio Kock.
Die vragmotor het bakkies, sedanmotors en sportnutsvoertuie vervoer.
Daar is ook op die 35-jarige man se selfoon beslag gelê. Hy sal binnekort op ’n klag van die besit van dagga in die hof in Upington verskyn.
Die Suid-Afrikaanse polisie het sowat twee weke gelede op N$4,5 miljoen se dagga langs die pad naby die grenspos afgekom. Dié dagga is vermoedelik daar gelaat om later opgelaai te word. Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie, berig Netwerk24.
In Junie is nóg ’n Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder, mnr. Kiewiet Plaaitjie (47), met 200 gram Cat ter waarde van N$100 000 in sy besit betrap. Hy was met ’n vrag groente op pad van Johannesburg na Windhoek en die dwelms was volgens Van Zyl vir Windhoek bestem.
Op eie bodem is mnr. Hendrick Jacobus Petrus Scholtz (36) Sondag om 01:00 in Windhoek in hegtenis geneem, berig Tanja Bause. Volgens ’n woordvoerder van die polisie, insp. Slogan Matheus, is Scholtz met Cat-kokaïne met ’n straatwaarde van N$4 000 by die Warehouse Teater naby die weermaghoofkwartier gevang. Hy het Maandag in die hof verskyn en is volgens Van Zyl op borgtog van N$3 000 vrygelaat.
- Eie berig en Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie