BWH soek nuwe naam
Die direksie van Bank Windhoek Holdings (BWH) meen dié groep se naam moet na Capricorn Investment Group Limited verander. In 'n verklaring op die Namibiese aandelebeurs (NSX) sê BWH sy huidige naam kan " beperkend en misleidend" wees, aangesien BWH oor ander beleggings behalwe Bank Windhoek Limited beskik. Die voorgestelde naam sal die naam van die maatskappy beter met dié van sy beherende maatskappy, Capricorn Investment Holdings Limited, ooreen laat stem, lui die verklaring. Die voorgestelde naamsverandering is aan die goedkeuring van aandeelhouers onderhewig. Foto Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie