Brittanje stem om EU te verlaat, markte tuimel
Britte het gestem om weg te breek van die Europese Unie (EU), het nasionale media in die Verenigde Koninkryk vroeg vanoggend berig. Dit het skokgolwe deur die wêreldmarkte gestuur, met die Britse pond wat tot sy laagste vlak in 31 jaar teruggesak het, berig AFP.
Vroegoggend was die uitslae van 302 van die 382 kiesgebiede in Brittanje reeds bekend, met 52% van kiesers wat ten gunste van Brexit gestem het. Die uitslag vir Londen word egter nog verwag.
Beleggers het oor hulle voete geval om van dié geldeenheid, olie en aandele ontslae te raak uit vrees vir die uitwerking van Brittanje se koersverandering na 'n nuwe, onbekende toekoms.
Dit is die eerste keer in die EU se 60 jaar geskiedenis dat 'n lidland dié magsblok verlaat.
Foto: Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie