Brandberg-byeenkoms baat renosters
Brandberg-byeenkoms baat renosters

Brandberg-byeenkoms baat renosters

Andrew Poolman
Die tweede jaarlikse Brandberg Rhino Run en fietstoer word op 11 Junie 2016 aangebied.
Honderd persent van die inskrywingsgeld word oorgedra om die belangrike werk van die Save The Rhino Trust te finansier.
Drie verskillende veldwedlope vir hardlopers, asook ’n bergfietstoer van sowat 30 kilometer sal aangebied word en dis nie nodig om dikwielfietse te hê nie.
Die hardloop- en fietsry-roetes sal ’n perfekte kombinasie van rotsagtige, plat en heuwelagtige terrein insluit.
Elke deelnemer moet hom/haar vir die ganse resies self ondersteun deur hul eie water, eetgoed en ander benodighede saam te dra. Daar sal net een waterpunt op rofweg die halfpadmerk van die twee langer hardloopafstande en op die fietsroete wees.
Die koste van die aanlyn ­inskrywings beloop:
- N$250 vir die sowat 28 km veldwedloop vir hardlopers
- N$100 vir die rofweg 13 km veldwedloop vir hardlopers
- N$50 vir die rofweg 6 km veldwedloop vir hardlopers
- N$250 (geen dikwielfiets benodig) vir die rofweg 30 km bergfietsresies.
Die begin- en eindpunt van die byeenkoms sal weer op Uis by die Daureb Isib kampeerplek wees. Vroeë bespreking van akkommodasie is noodsaaklik.
Die Vrydagaand voor die byeenkoms word ’n braai en ’n veiling van fantastiese geborgde akkommodasie-pakkette en waardevolle items ten bate van die Save The Rhino Trust gehou.
Die eerste 200 inskrywings ontvang T-hemde en geskenkpakke. Die aanlyn inskrywings sluit op 3 Junie 2016, waarna geen laat inskrywings aanvaar sal kan word nie.
Inskrywings kan by www.otbsport.com/events/calendar/201-events/523-brandberg-rhino-run-2016 gedoen word.
Hul Facebook-blad (Brandberg Rhino Run and Cycle Tour 2016) is ook ’n goeie manier om op die hoogte van sake te bly.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!