Brand woed in Brakwater
Tanja Bause - Drie lede van die Windhoekse brandweer het Dinsdag ternouernood aan die dood ontkom toe hulle vasgekeer is deur vlamme in ''n brand wat die afgelope week by Brakwater woed. Die drie mans was besig om die vlamme teen ’n berg te probeer blus toe die wind gedraai en die vlamme hul vasgekeer het.
“Die mans het deur die vlamme gehardloop en kon hulself red. Een is met baie ligte brandwonde hospitaal toe geneem, maar was gister weer in die veld om die brand te probeer blus,” het die brandweerhoof, mnr. Raymond Kapia gesê.
Die brand het Maandag ontstaan, met die Windhoekse brandweer en inwoners van Brakwater wat Dinsdag die vlamme probeer blus het. Teen skemer het die brandslaners onttrek, maar 30 brandslaners was gister weer terug om die brand te probeer blus.
Die helikopter van die Namibiese polisie is ook ingespan om die vlamme vanuit die lug dop te hou.
“Ons het gekyk waarheen ons ons mense moet stuur sodat geen geboue of huise gaan skade ly nie,” het Kapia gesê.
Volgens hom het die brand teen druktyd in die berge weg van Brakwater en die hoofstad gewoed.
“As ons ’n groot stortingsemmer gehad het wat ons onderaan die helikopter kon vasmaak, kon ons water uit die Goreangabdam skep en die brand vinnig onder beheer kry. Ons het egter nie dié tipe toerusting nie.”
Kapia was vol lof vir die inwoners van Brakwater wat nie net met die poging gehelp het nie, maar ook brandweerpersoneel van kos en water voorsien het.
“Die inwoners en boere van Brakwater en die omgewing is die groot rede waarom dit nou hier veilig is en geen geboue afgebrand het nie,” het Kapia gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie