Bou met régte stene
Die jongste BBP-syfers beklemtoon opnuut hoe belangrik dit is dat die regering se beplanningshart op die regte plek moet sit.
Ekonomiese groei in die eerste kwartaal vanjaar het op ‘n jaargrondslag tot 3,5% verwelk, hoofsaaklik vanweë die konstruksiesektor se groei wat tot 0,2% verdor het. Vir bykans drie jaar het die boubedryf ons elke kwartaal met hoë dubbelsyfers bederf en was dit die vernaamste teelaarde vir ekonomiese groei in Namibië.
Die skuld vir konstruksie se dilemma word allerweë op die droogte gepak. Dit speel beslis ‘n baie groot rol, maar is nie die enigste rede dat ons nou sonder ‘n ekonomiese dryfveer sit nie. Geldnood het die regering genoodsaak om kapitaalprojekte in te kort. Verbruikers wat kniediep in die skuld is, sal toenemend dink voor hulle ‘n huislening teen stygende rentekoerse aangaan. Boonop is die konstruksie aan groot myne voltooi.
Die regering het van al dié rooi ligte geweet, net soos hulle deeglik van Namibië se wisselvallige reënval bewus was. Tog het die regering homself telkens op die skouer geklop met Namibië se ekonomiese groei wat in ‘n sukkelende wêreld heel skaflik vertoon.
Konstruksie mag wel groei aangevuur het, maar het nie veel permanente werkgeleenthede geskep nie. Baie mense vrees vir hul werk met konstruksie wat begin afskaal.
Intussen toon die vier hoekstene waarop die Vierde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP4) gebou is, bitter min groei. Vervaardiging, toerisme en logistiek trap almal klei en landbou is op sy knieë.
‘n Toekomsgerigte regering sou nie onkant gevang wees nie. Namibië se huidige penarie is opnuut ‘n skrille wekroep dat ‘n mens nie al jou eiers onder een hen sit nie.
22 Junie 2016
Tshwane brand oor wie by die krip gaan staan
Die ANC en Suid-Afrika pluk met Tshwane wat in vlamme opgaan die vrugte van dié party wat ’n voertuig vir selfverryking sonder beginsels of beleid geword het.
Die sterkste dryfveer in die ANC is nie wat goed of reg vir die land of die party is nie, maar watter faksie in die ANC se beurt dit is om by die krip te staan.
Op die spel is watter groep in die ANC poste en hoë salarisse kan uitdeel, toegang tot die staatskas en kontrakte.
Benewens die skade van miljoene rande wat vernielsugtige ANC-ondersteuners aanrig, is daar ook die duur prys aan menselewens vir politieke poste.
Die geweld laat die onthutsende vraag ontstaan wat die ANC se verbintenis tot demokrasie is? As sy eie ondersteuners mekaar vermoor oor wie in ’n verkiesing moet staan, wat gaan die party doen as hy die bewind aan ’n ander party moet afstaan? Dít is die ware toets in ’n demokrasie.• Beeld

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie