Borgtog vir Johan Mostert
Borgtog vir Johan Mostert

Borgtog vir Johan Mostert

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Nadat hy vir vyf maande in aanhouding was, is 'n boer van Otjiwarongo wat eens 'n terrorismeklag in die oë gestaar het, op borgtog van N$15 000 vrygelaat.
Landdros Joseph Shikongo het Maandag borgtog aan mnr. Johan (Mossie) Mostert van die plaas Swartmodder toegestaan. Mostert verskyn op verskeie klagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook op 'n klag van huishoudelike geweld. Hy is borgtog van N$10 000 vir die wapenverwante sake toegestaan en N$5 000 vir die huishoudelike geweldsaak.
Sy borgtogvoorwaardes is dat hy twee keer 'n week - op Maandae en Vrydae - by die polisiekantoor op Osire moet aanmeld. Indien hy die Otjiwarongo-distrik wil verlaat, moet hy dit aan sy ondersoekbeampte rapporteer.
Verdere borgtogvoorwaardes wat die klag van huishoudelike geweld betref, is dat hy geen kontak met die klaagster (sy voormalige vrou) mag hê wat op Outjo bly nie.
Volgens staatsaanklaer Johannes Kalipi is die ondersoek in die huishoudelike geweldsaak voltooi en het Mostert Maandag sy eie verdedging behartig.
'n Familielid van Mostert het gister haar vreugde met Republikein gedeel en gesê hulle het glad nie verwag hy sou borgtog kry nie.
"Ons het onsself voorberei dat hy ten minste N$80 000 sou moes betaal," het die familielid gesê.
Mostert se regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels van Stern & Barnard, het gister gesê die staat het ewe skielik nie meer besware gehad dat sy kliënt op borgtog vrygelaat word nie.
Mostert verskyn op ver­skeie klagte naamlik die besit van ammunisie sonder ’n permit, die besit van vuurwapens sonder ’n permit, die besit van handgranate sonder ’n permit, die oortreding van die Wet op Plofstof en die besit van plofstof vir private gebruik sonder ’n permit. Volgens die polisie het Mostert semi-­outomatiese aanvalsgewere, jaggewere, hand­granate en sowat 10 000 patrone in sy besit gehad asook verskeie uniforms van PLAN, Unita, die MPLA, Koevoet, SWATF, die Namibiese polisie en weermag.
Wessels het destyds die hof ingelig dat die meerderheid van die vuurwapens wat in Mostert se besit gevind is, hy saam met die plaas by sy pa, mnr. Frikkie Mostert, geërf het wat in 2002 oorlede is.
Mostert was vanaf 1983 tot 1991 'n polisieman.
Hy is op 4 Februarie op sy plaas naby die Osire-vlugtelingkamp, sowat 135 km suid van Otjiwarongo, aanvanklik in verband met huishoudelike geweld in hegtenis geneem. Sy voormalige vrou saam met wie hy twee kinders het, het dié klag teen hom aanhangig gemaak.

WAPENS GESTORT
Vyf boere is reeds sedert die begin van die jaar in verband met die besit van ongelisensieerde en/of onwettige vuurwapens en ammunisie in die Otjozondjupastreek in hegtenis geneem.
Die uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Sakkie Coetzee, vergesel van mnre. Thinus Pretorius, die NLU se streeksverteenwoordiger vir Otjiwarongo, en Frikkie Engels, voorsitter van die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum (JCPF), het in Junie besoek gebring aan die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, asook die polisie om duidelikheid te kry oor dié kwessie.
“Die polisie het dit baie duidelik gestel dat die getal patrone per gelisensieerde wapen beperk is tot 100 patrone en die hoeveelheid kruit vir herlaai-doeleindes beperk is tot 500 g, of 1 kg met spesiale toestemming van die polisie,” lui 'n NLU-nuusbrief.
Intussen is massas wapens en ammunisie langs paaie in die Otjozondjupastreek weggegooi met die jongste voorval Sondag toe ploftoestelle op die pad tussen Outjo en Otjiwarongo gevind is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.88/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 805.10/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0065 | Platinum US$ 904.63/OZ DOWN -0.0058 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.88/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 805.10/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0065 | Platinum US$ 904.63/OZ DOWN -0.0058