Boer sterf nu00e1 vlakvark hom gaffel
Boer sterf nu00e1 vlakvark hom gaffel

Boer sterf ná vlakvark hom gaffel

Tanja Bause
Tanja Bause - ’n Bekende oudversekeringsmakelaar en finansiële raadgewer, mnr. Wolfgang Michael (Bitze) Schlabitz, is Donderdag op sy plaas Otjihokero naby die Wit-Nossobrivier dood aangetref.
Volgens ’n woordvoerder van die polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is hy en sy hond deur ’n vlakvark in die huiskamp aangeval, waarna hy gesterf het. Hy was in sy láát sestiger- of vroeë sewentigerjare.
Uit inligting op sosiale media, blyk dit die vlakvark was gekwes en het op hom afgestorm en hom gegaffel. In die proses is die hoofslagaar in een van sy bobene oopgeruk en hy het vermoedelik weens bloedverlies gesterf.
Verder het twee mense die naweek in sinkhuise doodgebrand.
Vrydagnag het die 24-jarige mnr. Richie Uirab in sy sinkhuis in Julius Nyererestraat in die Wanaheda informele nedersettingin Windhoek doodgebrand. “Hy en ’n paar vriende het buite gedrink toe Uirab besluit het om te gaan slaap. Hy het egter een van sy vriende gevra om ’n sigarette vir hom op te steek voordat hy na sy kamer toe gegaan het. Ons vermoed dat die sigaret die oorsaak van die brand is,” het Shikwambi gesê.
’n Kamer het Saterdag omstreeks 19:30 in ’n huis in Okarundustraat in Wanaheda begin brand terwyl die 4-jarige Ndapewa Sakaria in die kamer was. Toe die mense in die huis die brand opmerk, het hulle probeer om dit te blus, maar was onsuksesvol. Nadat die brandweer die vuur geblus het, het hulle die meisie gevind en met haar na die hospitaal gehaas, waar sy gesterf het. Die polisie ondersoek die oorsaak van die brand.
Volgens Shikwambi ondersoek die polisie ook ’n saak van poging tot moord in die Ekango Langobe-nedersetting in die Epembe-kiesafdeling. Na bewering het ’n verstandelike gestremde 36-jarige man die linkeroor en linkerhand se ringvinger van sy 38-jarige neef met ’n kapmes afgekap. Uit noodweer het die neef sy pistool uitgepluk en die aanvaller in die linkerarm geskiet. Beide is na die staatshospitaal by Eenhana geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!