Beweerde verkoper van aborsiepille aangekeer
Beweerde verkoper van aborsiepille aangekeer

Beweerde verkoper van aborsiepille aangekeer

Estelle de Bruyn
Sosiale media het mnr. Andreas Nakemba sy rieme laat styfloop.
Hy is Sondag op Walvisbaai in ‘n lokvink-operasie vasgetrek toe hy in besit van pille was, wat na bewering gebruik kan word om aborsies teweeg te bring.
Hy het Dinsdag in die hof voor landdros Eden Iyambo verskyn wat die verhoor tot 10 November vir verdere ondersoek uitgestel het. Borgtog van N$7 000 is gestel.
Die staat moet die klagte formaliseer en die beskuldigde is aangesê om nie distrik van Walvisbaai te verlaat sonder om die ondersoekbeampte in kennis te stel nie.
Die staatsaanklaer, me. Faith Nyaungwa, het die hof meegedeel dat laboratoriumtoetse uitgevoer moet word om vas te stel watter wet die meeste van toepassing is.
Die staat oorweeg dit ook om verdere klagte by te voeg.
“Altesaam 52 tablette is gevind wat beteken dat 52 babas kon gesterf het,” was haar argument.
Die polisie het van Nakemba se bedrywighede bewus geword en opgetree nadat hy op sosiale media die aborsiepille, Cytotec vir N$500 te koop aangebied het.
“Aborsiepille te koop. Moenie stres nie, ons wil jou help. Ons lewer dieselfde dag in enige dorp in Namibië af. Dit is veilig en pynloos,” lui die boodskap wat ook ‘n selfoonnommer bevat.
Die polisie het ‘n aankoop gereël. Nakemba het by ‘n kroeg in Kuisebmond opgedaag en is in hegtenis geneem toe 52 pille in sy besit gevind is.
Aborsies is kragtens die wet op aborsie en sterilisasie van 1975 onwettig in Namibië. Die wet maak net voorsiening vir die beëindiging van swangerskappe in gevalle waar die moeder of fetus se lewe in gevaar is of wanneer die swangerskap die gevolg van verkragting of bloedskande is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!