Bestes in kortbad byeen
Swem
Die jaarlikse nasionale kortbadkampioenskap van die Namibiese Amateur Swemunie word vanaf vandag tot Sondag by die puik fasiliteite van Swakopmund se verhitte, binnenshuise swembad van 25 meter aangebied.
’n Totaal van 151 swemmers van vyf klubs dwarsoor die land sal sake uitspook.
Die grootste getal inskrywings (92) kom van die Windhoekse klub Dolphins.
Die ander vier klubs se getalle swemmers is redelik soortgelyk – Namib Swimming Academy (17), Oranjemund Sand Sharks (12), Swakopmund Swemklub (16) en die Aqua Swimming and Fitness Club (14).
Op elk van die drie dae sal daar twee sessies van kompetisie wees. Die begintye is soos volg:
Vandag: Sessie 1 – 15:00; Sessie 2 – 18:00.
Môre: Openingseremonie – 08:00; Sessie 3 – 08:30; Sessie 4 – 13:30.
Sondag: Sessie 5 – 08:00; Sessie 6 – 12:00.
Van die land se beste swemmers sal by die kampioenskap in aksie wees en die publiek is hartlik welkom om die geleentheid te ondersteun.
Die Namibiese Amateur Swemunie se jaarlikse prysuitdeling vir die 2016-seisoen sal ook môre om 18:00 gehou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie