Bejaarde vrou se lyk gevind
Bejaarde vrou se lyk gevind

Bejaarde vrou se lyk gevind

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die lyk van ’n bejaarde inwoner van Outjo is Sondag in haar huis op die dorp gevind.
Die 68-jarige me. Hester Jacoba Kahman, wat deur ’n inwoner beskryf is as ’n “eensame vrou wat niemand kwaad aangedoen het nie”, is Sondag deur ’n man gevind wat gras by haar huis in Heroldstraat gaan sny het. Sy was glo die koster by die Hervormde Kerk op die dorp en was volgens nog ’n inwoner ’n bekende figuur wat altyd met ’n kinderwaentjie in­kopies gaan doen en dit daarin gelaai het. Kahman het alleen gebly sedert haar man haar jare gelede ontval het.
Volgens die polisie se misdaadkoördineerder vir die Otjozondjupa-streek, adj. komm. Deon Marais, is die oorsaak van Kahman se dood nog nie bekend nie en word nog gewag op die uitslag van ’n lykskouing wat gister uitgevoer sou word. Volgens Marais is Kahman Vrydag 08:30 die laaste keer lewend gesien.
Sy het ’n man wat vroeër gras in haar erf gesny en dit dan verkoop het, gevra om ­Sondagoggend weer te kom gras sny.
“Hy was nie self daar nie, maar sy het aan sy vrou gesê hy moet vroeg Sondagoggend kom en dan sommer die huis oppas terwyl sy kerk toe gaan.”
Toe die man soos afgespreek by die huis opdaag, het hy haar egter nie gesien nie.
“Hy weet sy staan vroeg op, maar het glad nie uitgekom of geantwoord as hy roep nie.”
Volgens Marais het die man later gaan ondersoek instel en gesien ’n deur staan oop.
“Hy het ingegaan en gesien sy lê op die vloer.”
Die man het alarm by ’n polisiebeampte gaan maak wat twee huise verder woon.
Kahman se suster is intussen op Walvisbaai opgespoor en van haar dood ingelig.
Marais het benadruk dat die oorsaak van Kahman se dood nog nie vasgestel is nie en dat ’n lykskouing die antwoord hierop sou gee.
Hy het voorts gesê ’n beloning sal “definitief betaal word”, sou iemand inligting verskaf wat lig op haar dood kan werp. Enige persoon wat kan help met inligting, kan Marais by 081 244 0971 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!