Bejaarde kry vals noot in pensioengeld

NamPost ontken beweringe
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die 79-jarige me. Annelise van der Merwe was erg geskok toe sy met 'n N$100-noot uit die pakket van haar pensioengeld wou betaal en die kassier van Shoprite Checkers by Maerua-inkoopsentrum vir haar gesê het dié noot is vervals.
Van der Merwe, wat tans in Windhoek is, het aan die einde van verlede maand haar seun, Christie, gevra om haar pensioengeld by die NamPost-poskantoor op Maltahöhe af te haal.
Haar skoonseun, mnr. Toss du Toit, het vertel dat die vervalste noot netjies in die middel van die ander note geplaas was.
“Die noot is pers, nie pienk soos die outentieke note nie,” het Du Toit opgemerk. Hy het intussen die voorval by die polisie op Maltahöhe aangemeld.
Die posmeester op Maltahöhe, me. Claire Januarie, het by navraag gesê personeel by die poskantoor het vroeër ook vervalste N$200-note tussen die pensioengeld opgemerk. Sy het gesê wanneer vervalste note aan pensioenarisse uitbetaal is, betaal die personeel gewoonlik uit hul eie sakke die geld aan die bejaardes terug.
Gedurende die gesprek met Januarie het sy op ‘n ander telefoon met iemand anders gepraat aan wie sy duidelik gesê het: “Hulle het ons by die koerante gekla.”
Du Toit sê Januarie het hom daarna gebel en gevra om dringend met Van der Merwe te praat, want sy wou die N$100 “terugbetaal”.
Hy sê sy wou ook weet hoekom die familie die saak aan die koerant gerapporteer het aangesien sy aan hulle ‘n vergunning gemaak het toe sy die geld aan Christie, en nie direk aan Van der Merwe nie, betaal het.
Januarie het verdere vrae na die posmeester op Mariental, me. Belinda Januarie, verwys. Dié het gesê die Maltahöhe-posmeester moet dit beantwoord.
NamPost op Mariental kollekteer die maandelikse pensioengelde van die Standard Bank-tak op die dorp en versprei dit dan aan die kleiner poskantore in die Hardapstreek waar bejaardes hul pensioengeld gaan afhaal.
Die tak hoof van diensondersteuning, me. Herta Meyer, het gesê wanneer die geld onttrek word, is daar ten alle tye ‘n verteenwoordiger van NamPost teenwoordig.
“Dit is nie moontlik dat ‘n vals noot oor ons toonbank uitgereik sal word nie. Geld word noot vir noot in die teenwoordigheid van ‘n verteenwoordiger van NamPost getel. Wat daarna met die geld gebeur, weet ek nie. Ek weet nie hoe dit versprei word nie,” het Meyer gesê.
Sy het bygevoeg dat die bank se telmasjiene enige vals note sal bespeur.
NamPost se woordvoerder, mnr. Wilson Shikoto, het gesê die posmeester op Maltahöhe het inderdaad aan die koerant gesê dat vervalste N$200-note op Maltahöhe in sirkulasie is.
Hy sê Januarie het egter nie gesê sulke vals N$200-note is in die poskantoor bespeur nie.
“Tot op datum het NamPost op Maltahöhe nog nie ‘n insident van vervalste note gehad nie,” het Shikoto gesê.
Hy het gesê pensioengeld word inderdaad in die teenwoordigheid van ‘n NamPost-verteenwoordiger by die bank getel en dat NamPost sy eie telmasjiene het wat vals note sou opmerk.
“Dit moet egter in ag geneem word dat ons ook geld as deposito’s oor die toonbank ontvang en ja, daar is ‘n moontlikheid dat vervalste note kan insluip. Sulke insidente sal minimaal wees aangesien ons personeel opgelei is om waaksaam met die hantering van geld en die identifisering van vervalste note te wees. Eweneens moedig ons elke burger aan om waaksaam te wees vir vervalste note,” het Shikoto gesê.
Hy het benadruk dat die “insident” nie by die poskantoor gerapporteer is toe die geld opgetel is nie en sê daar was “genoeg ruimte en tyd” om die geld in Windhoek te ontvang en bestee deur enigiemand anders wat in die prentjie kon kom.
Shikoto het egter bygevoeg dat sou dit wel bewys kan word dat die vervalste geld by die poskantoor op Maltahöhe uitbetaal is, daar dissiplinêre stappe teen die skuldiges gedoen gaan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.16/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.98/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.16/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.98/OZ UP +1.42%