Andrew Ndishishi gesekondeer aan Nipam
Die bestuursraad van die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam), het gister aangekondig dat mnr. Andrew Ndishishi deur die kantoor van die eerste minister gesekondeer is om as uitvoerende direkteur van dié instituut te dien.
Dit volg nadat die pos geadverteer is, maar 'n geskikte kandidaat nie gevind kon word nie.
Luidens die verklaring vereis die wet waarkragtens dié instituut tot stand gekom het, dat die uitvoerende direkteur iemand moet wees met kennis en ervaring van openbare bestuur en administrasie.
Ndishishi, wat tans in die kantoor van die eerste minister verantwoordelik is vir hervorming in die staatsdiens, het die afgelope 20 jaar as permanente sekretaris by verskeie ministeries en openbare agentskappe gedien.
Ndishishi sal die pos van uitvoerende direkteur vul tot 'n geskikte kandidaat gevind is, lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie