Albert Tsoub in ongeluk beseer
Die DTA-veteraan mnr. Albert Tsoub was Vrydag in 'n motorongeluk betrokke toe hy van Gobabis na Windhoek onderweg was om 'n vergadering van die DTA se sentrale komitee by te woon. 'n Bees het oor die pad beweeg, met Tsoub wat genoodsaak was om die motor van die pad af te laat beweeg om 'n noodlottige ongeluk te voorkom. In die proses het Tsoub egter die bees met die linkerkant van sy voertuig getref. Hy het 'n diep snywond aan sy pols opgedoen en baie bloed verloor. Motoriste op dieselfde roete het hom te hulp gesnel en hom na 'n hospitaal in Windhoek vir behandeling geneem. Hy is in 'n stabiele toestand en is reeds uit die hospitaal ontslaan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie